Bismut(III)fluoried of bismuttrifluoried is 'n verbinding van bismut in sy +3 oksidasietoestand en fluoor. Dit het die chemiese formule .

Kristalstuktuur Bismuttrifluoried kristalliseer in 'n kubiese struktuur wat die argetipe van de D0-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Dit is verwant aan die haliet-struktuur (B1) van NaCl en dit het dieselfde ruimtegroep. In die B1 struktuur beset die anione net die oktaëderholtes in die katione se kubiese digpakking. In D0 is ook die tetraëderholtes met fluoriedione gevul, wat die stoigiometrie maak. In hierdie verbinding is die tetraëderholtes volledig gevul. Daar is ook verbindings waar hulle net gedeeltelik gevul is soos in die niestoigiometriese verbinding vanadium(II)oksied.

Verwysings

fluoried kategorie:Verbindings van fluoor kategorie:Anorganiese verbindings