Imhotep was die goewerneur van die stad Thebe, Egipte, 'n regter en 'n visier onder Toetmoses I. Hy was na berig word ook die onderwyser van die farao se seuns.Demas, Martha, and Neville Agnew, eds. 2012. Valley of the Queens Assessment Report: Volume 1. Los Angeles, CA: Getty Conservation Institute. Getty Conservation Institute, link to article

Grafkelder QV46 Imhotep is in grafkelder QV46 in die Vallei van die Koninginne in Thebe begrawe. Ernesto Schiaparelli het dit ontdek tydens 'n ekspedisie tussen 1903 en 1905.

Die grafkelder is 'n eenvoudige skag met 'n enkele kamer. Tydens die uitgrawings is sy mummie en verskeie begrafnisvoorwerpe ontdek. Dit sluit fragmente van 'n kis, 'n dodefles met sy naam op en 'n ovaal gedenkplaat van albaster in.Porter, Bertha and Moss, Rosalind, Topographical Bibliography of Ancient Egyptian Hieroglyphic Texts, Statues, Reliefs and Paintings Volume I: The Theban Necropolis, Part 2. Royal Tombs and Smaller Cemeteries, Griffith Institute. 1964, pg 766-7 Dit is nou in die Museo Egizio in Turyn saam met ander voorwerpe wat in die graf gevind is.

Verwysings

Skakels Theban Mapping Project – Plan van die grafkelder en ander besonderhede.

Kategorie:Egiptenare