13P/Olbers of Olbers se Komeet is 'n komeet met 'n wentelperiode van 69 jaar. Dit pas die klassieke definisie van 'n Halleytipe komeet met 'n periode van tussen 20 en 200 jaar. Die komeet is die vorige keer in 1956 gesien en is in Junie en Julie 2024 weer in die lug.
thumb|240px|links|Die komeet op 1 Junie 2024.
Waarnemingsgeskiedenis Ontdekking Heinrich Wilhelm Matthias Olbers het die komeet op 6 Maart 1815 ontdek en dit as klein beskryf. Die komeet het op 26 April 1815 perihelium en 'n skynbare magnitude van sowat 5 bereik. Dit was dofweg met die blote oog te sien. Sy wentelbaan is op 31 Maart die eerste keer bereken deur Carl Friedrich Gauss as parabolies, en Friedrich Bessel het van waarnemings in Junie 'n wentelperiode van 73,9 jaar uitgewerk. Berekenings deur ander sterrekundiges vir dié tydperk het gewissel tussen 72 en 77 jaar. Moderne berekenings dui op 'n wentelperiode van 74,9 jaar vir die 1815-epog.
1887 Orbital periodat different epochs Epog Wentel-periode(jaar) 1887 72,37 1956 69,54 2024 69,25 2094 70,72 In 1887 was daar onsuksesvolle soektogte na die komeet, totdat dit op 25 Augustus per ongeluk deur William Robert Brooks gevind is. Hy het 'n helder kern en dowwe stert beskryf; dit het 'n paar dae lank helderder geword ná perihelium. Eindelik het die komeet 'n skynbare magnitude van 9 bereik. Op 28 Julie 1887 het dit 0,081 AE van Mars af verbybeweeg.
1956 Die komeet is op 4 Januarie 1956 weer deur Antonín Mrkos opgespoor, toe sy skynbare magnitude 16 was. Die komeet het op 19 Junie 1956 perihelium en 'n skynbare magnitude van 6,5 bereik. Sy stert was sowat 'n graad lank.
2024 Op 24 Augustus 2023 is die komeet deur Alan Hale opgespoor. Dit het 'n skynbare magnitude van sowat 22 gehad. Op 14 Januarie 2024 het dit 'n geraamde magnitude van 15,3 gehad. Dit het 'n gekondenseerde koma van sowat 0,9 boogminute breed en 'n dowwe stert van 'n boogminuut lank gehad. Teen 10 Maart 2024 het die komeet verhelder tot 'n magnitude van 11,4 en die koma was 4 boogminute breed.
+Naaste aan Aarde Datum Afstand (AE)20 Julie 2024 1,8959 Januarie 2094 0,676 Op 12 April het dit 'n magnitude van 9,2 gehad. Dit het op 30 Junie 2024 perihelium bereik.
2094 Nadat die komeet in 2024 gesien is, is die nuwe voorspelling van sy volgende perihelium 20 Maart 2094.
Meteorreën Daar is spekulasies dat 13P/Olbers 'n meteoorreën op Mars veroorsaak wat uit die rigting van die sterrebeeld Groot Hond kom.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Komete