Chaemwaset of Chaemwase was 'n antieke Egiptiese prins, die seun van farao Ramses III. Soms is hy Ramses Chaemwaset genoem.Dodson, Aidan; Hilton, Dyan (2004). The Complete Royal Families of Ancient Egypt. Londen: Thames & Hudson. ., p.192

Lewe

thumb|links|135px|Die deksel van die buitenste sarkofaag van Chaemwaset. Museo Egizio, Turyn.

Nes baie van sy broers is hy genoem na 'n seun van Ramses II, en nes dié Chaemwaset was hy 'n priester van Ptah in Memphis (maar nie soos sy naamgenoot die hoëpriester nie).Dodson & Hilton, op.cit., p.186 Hy word uitgebeeld in sy vader se tempel by Medinet Haboe. Beide Chaemwaset en sy broer Pareherwenemef word "die koning se oudste seun" genoem, wat waarskynlik beteken hulle was die oudste seuns van verskillende moeders.Dodson & Hilton, op.cit., p.190

Sy goed bewaarde grafkelder, QV44 in die Vallei van die Koninginne, is in 1903-'04 deur Italiaanse argeologoë uitgegrawe.Alberto Siliotti: Guide to the Valley of the Kings. Barnes and Noble (1997). 'n Doodsfles van hom is nou in die Egiptiese Museum in Kaïro; sy sarkofaag en moontlik mummie is in die Museo Egizio in Turyn.Dodson & Hilton, op.cit., p.193

Hy het sy vader oorleef en is begrawe tydens die bewind van Ramses IV, aangesien dié op sy sarkofaag genoem word.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Prinse van Antieke Egipte Kategorie:Mense in die 12de eeu v.C.