Nebettawi was 'n Egiptiese prinses en koningin, die oudste dogter en een van die agt vroue van farao Ramses II.

Lewe Nebettawi kon die dogter van Ramses se vrou Nefertari gewees het,Dodson, Aidan and Hilton, Dyan. The Complete Royal Families of Ancient Egypt. Thames & Hudson. 2004. Tyldesley, Joyce. Chronicle of the Queens of Egypt. Thames & Hudson. 2006. maar dit is glad nie seker nie. Sy word in die grootste van die tempels by Aboe Simbel gewys. Op een van die reusestandbeelde voor die tempel word Nebettawi in die drag van 'n koningin uitgebeeld. Bintanat (ook in die drag van 'n koningin) staan by die linkerbeen van die standbeeld, Nebettawi by die regterbeen en prinses Isetnofret II voor die beeld.

Nebettawi is die vyfde dogter in die ry koninklike dogters, soos dit in die Groot Tempel uitgebeeld is. Sy is agter Bintanat, Bakmoet, Nefertari en Meritamen. Sy word nie in die kleiner tempel by Aboe Simbel gewys nie.Kitchen, K.A., Ramesside Inscriptions, Translated & Annotated, Translations, Volume II, Blackwell Publishers, 1996

Naas Bintanat en Meritamen was sy die eerste van Ramses II se dogters wat met haar pa getrou het (moontlik ná Meritamen se dood). Nebettawi was die Groot Koninigsvrou toe Ramses in Jaar 33 'n diplomatieke verbintenis met Maäthorneferoere, dogter van die Hetitiese koning Hattusilis III, aangeknoop het. Nebettawi en haar halfsuster Bintanat het die rituele rol van koningin van Egipte vertolk.Tyldesley, Joyce. Ramesses: Egypt's Greatest Pharaoh. Penguin. 2001. Haar titel was "Dame van die Twee Lande".Grajetzki, Ancient Egyptian Queens: A Hieroglyphic Dictionary, Golden House Publications, London, 2005,

Dood en grafkelder Nebettawi is in grafkelder QV60 in die Vallei van die Koninginne begrawe. Die kelder is in die oudheid al beroof en is later as 'n Christelike kapel gebruik.

Verwysings

Skakels Koningin Nebettaw1

Kategorie:Koninginne van farao's van Egipte Kategorie:Mense in die 13de eeu v.C.