Roeslan Gabbasof (Russies: Руслан Габбасов; gebore 18 Julie 1979) is 'n Basjkiriese politikus. Hy is die stigter van die Basjkiriese Nasionale Politieke Sentrum, 'n separatistiese organisasie wat hom beywer vir die onafhanklikheid van die Republiek van Basjkortostan, tans 'n deelgebied van die Russiese Federasie.

Biografie Gabbasof is in 'n Basjkiriese familie in Isjimbai gebore. Hy het geskiedenis aan die universiteit van Oefa gestudeer. Sedert 2011 is hy 'n lid van die Basjkiriese etniese beweging. Na die Russiese inval in Oekraïne in Februarie 2022 het hy politieke asiel in Litaue verkry. In Rusland is hy amptelik as 'n "buitelandse agent" verklaar.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1979 Kategorie:Russiese politici