Dor Shabashewitz (Hebreeus: דור שבשביץ, Russies: Дор Шабашевиц) is 'n Russies-Israelse joernalis, geskiedkundige en politieke ontleder wat oor etniese minderheidsregte, migrasie en separatisme in Rusland en Sentraal-Asië skryf. Sy artikels het in RFE/RL, New Eastern Europe en The Forward verskyn.
Biografie Dor Shabashewitz is in 'n sekulêre Joodse familie in Rusland gebore. Hy is 'n kleinseun van die Kasakstans-Russiese joernalis Irina Proess en agter-agter-agterkleinseun van die Joodse opvoeder en taalkundige Konstantin Israel Zjitomirski. Hy is ook verwant aan die Suid-Afrikaanse Bashew-familie, wie se naam 'n verkorting van Shabashewitz is.
Hy het 'n BA-graad in Geskiedenis en 'n MA-graad in Antropologie. Die onderwerp van sy meestersgraadtesis was die wisselwerking tussen die taal en identiteit van die Astrachanse Kasakke.
Sedert 2021 woon Shabashewitz in Armenië. Hy is 'n skrywer vir die land se enigste Joodse koerant Magen David en lid van die Armeens-Joodse Vriendskapsraad.
Verwysings
Eksterne skakels Shabashewitz se publikasies in New Eastern Europe Shabashewitz se publikasies in The Forward
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Mense van Astrachan Kategorie:Israelse geskiedkundiges Kategorie:Russiese joernaliste Kategorie:Jiddisjiste