Die Vrolijkheid-natuurreservaat is 'n reservaat in die voetheuwels van die Elandsberg naby McGregor in die Boland. Dit is ‘n beskermde gebied onder beheer van CapeNature, die natuurbewaringsafdeling van die Wes-Kaapse regering.
Ligging Die reservaat lê suid van die Breederivier, noord van die hellings van die Riviersonderendberge, by 33° 53′ suid, 19° 58′ oos en 15 km suid van Robertson op die pad na McGregor. Dit is 1 852 hektaar groot.
Die reservaat duimnael|links|'n Wyfie van die Karoo-blikslanertjie (Cacosternum karooicum) in die reservaat, wat ook die spesie se tipeligging is In die klipperige terrein groei vetplante, klein bome en struike soos karee, melkbos en soetdoringbome. Klipspringers, grysbokke, springbokke en rooikatte kom hier voor. Soveel as 175 voëlspesies, o.a. die visarend, is al hier waargeneem. Voetslaanpaaie, roetes vir bergfietsry en hutte om voëls waar te neem, is aangelê. Weens die baie warm somermaande is die beste besoektyd tussen Julie en November. Huisvesting is beskikbaar.
Die Rooikat-staproete kronkel deur die Elandsberg en kan in agt uur voltooi word. Die meer uitdagende McGregor-na-Greyton-oornagstaproete staan as die Boesmanskloof-wandelpad bekend, en bied ook toegang tot die reservaat.Vrolijkheid Nature Reserve, sa-venues
"Ongediertes" Aanvanklik is by Vrolijkheid navorsing gedoen oor die beheer van roofdiere. In die 1960’s het boere jaarliks duisende skape verloor deur jakkalse. Gevolglik het die destydse provinsiale owerheid die 2740 ha van die plase Vrolijkheid en Doornkloof aangekoop om jaghonde te teel en op te lei om aan jakkalsklubs te verkoop en om kursusse aan te bied aan jakkalsjagters om die ongedierteplaag te beheer. Mettertyd het het die klem verskuif van die uitwissing van jakkalse na beheermaatreëls betreffende probleemdiere.
Bibliografie capebirdclub.org.za
Verwysings
Kategorie:Natuurreservate in die Wes-Kaap