Wachendorfia brachyandra is 'n meerjarige geofiet wat deel van die Haemodoraceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 5 200 km² en kom van Hermon tot by die Kaapse Skiereiland en Franschhoek voor. Die spesie is deel van die fynbos. Daar is tans nog tien subpopulasies bekend; sedert 1940 het 40% van die bekende subpopulasies verlore geraak weens indringerplante, gewasverbouing en stedelike ontwikkeling.
Galery
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World
brachyandra Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika