duimnael|regs|'n Nywerheidsgebied in Ndabeni, 2007, met Berkleyweg op regterhand Ndabeni is ‘n woon- en nywerheidsgebied van Kaapstad.

Ligging Die voorstad lê suid van Maitland, noord van Pinelands, oos van Soutrivier en Observatory, en wes van Epping en Thornton. Berkleyweg (M16) vorm die hoofstraat. Dit is ‘n 8 km van die middestad en ‘n spoorlyn vanuit die stad loop deur die gebied na Muizenberg.

Geskiedenis Na die uitbraak in Februarie 1901 van builepes in Suid-Afrika tydens die Tweede Vryheidsoorlog is besmette persone uit Distrik Ses na die Kaapse Vlakte verskuif en afgesonder in ‘n veldhospitaal en opslaangeboue. Mettertyd het dit tot die stad se eerste woonbuurt van swart inwoners ontwikkel. Reeds in 1920 was die area volledig bewoon en op 1 Mei 1925 is dit by die stad ingelyf. Daar was geen plek meer beskikbaar vir verdere nywerheidsuitbreiding nie en is besluit om die inwoners in die nuwe woonbuurt Langa te hervestig. Ndabeni is in 1935 tot nywerheidsgebied verklaar.

Naam Ndabeni is afgelei van die woord indaba en beteken dus “die plek van beraadslaging”.

Bibliografie sahistory.org.za Sambumbo, Sipokazi: Reading visual representations of ‘Ndabeni’ in the public realm. In: Kronos, deel 36, nr. 1, November 2010 (scielo.org.za)

Kategorie:Kaapstad