Kabinet van Suid-Afrika70px 80px|Cyril Ramaphosa President (party):Cyril Ramaphosa (ANC) Periode:1 Julie 2024 – tansRepubliek van Suid-Afrika Die Derde Kabinet van Cyril Ramaphosa is kort na die verkiesing van Ramaphosa tot 'n tweede volle termyn as President van Suid-Afrika na die algemene verkiesing van 2024 saamgestel. Sy party, die African National Congress (ANC), het sy volstrekte meerderheid in die parlementêre verkiesing verloor en is tot 'n pluraliteit in die Nasionale Vergadering verminder. Ná die verkiesing het die partye onderhandel oor die vorming van 'n koalisieregering. Op 14 Junie 2024 het die ANC, die Demokratiese Alliansie (DA), die Inkatha Vryheidsparty (IVP) en die Patriotiese Alliansie (PA), ingestem om 'n landmerk-nasionale eenheidsregering te vorm, met Cyril Ramaphosa wat herkies word as president van Suid-Afrika. Dit is die eerste keer dat die ANC sedert die einde van apartheid in 1994 sonder 'n volstrekte meerderheid moet regeer.

Agtergrond Die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024 is op 29 Mei 2024 gehou om lede vir 'n nuwe Nasionale Vergadering te verkies.

Steun vir die regerende ANC-party het in die verkiesing aansienlik afgeneem; die ANC het die grootste party gebly, maar sy parlementêre meerderheid verloor wat hy sedert die eerste post-apartheidsverkiesing in 1994 gehad het. Die sentristiese Demokratiese Alliansie (DA) het in die tweede plek gebly met 'n effense toename in steun. uMkhonto we Sizwe (MK), 'n linkse populistiese party wat 6 maande voor die verkiesing gestig is en gelei word deur oudpresident Jacob Zuma, was in die derde plek.

Op 14 Junie 2024 het die ANC, DA, IVP en PA ooreengekom om 'n nasionale eenheidsregering te vorm, met Cyril Ramaphosa wat deur die 28ste Parlement van Suid-Afrika as president van Suid-Afrika herkies is. As gevolg van die voorgestelde nasionale eenheidsregering (RNE), het sleutelposte in die kabinet aansienlik verander as deel van die koalisieproses. Ramaphosa is op 19 Junie vir 'n tweede volle termyn ingehuldig, en sy nuwe kabinet is uiteindelik op 30 Junie aankondig. Die president het aangekondig dat vir die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis het elf politieke partye saamgekom om 'n regering van nasionale eenheid (RNE) te vorm. Die betrokke partye sluit in die African National Congress, Demokratiese Alliansie, Patriotic Alliance, Inkatha Vryheidsparty, GOOD-party, Pan Africanist Congress of Azania, Vryheidsfront Plus, United Democratic Movement, Al Jama-ah, Rise Mzansi, en die United Africans Transformation.https://www.goodthingsguy.com/business/a-gnu-dawn-meet-south-africas-new-cabinet/ Op 12 Julie 2024 het die UAT aan die RNE onttrek omdat dit geen poste in die Kabinet ontvang het nie. Dit maak nie ‘n verandering aan die 72% steun van die RNE-setels in die parlement nie.

Kabinetsministers Legende Legende African National Congress Demokratiese Alliansie Good-party Inkatha-Vryheidsparty Pan Africanist Congress of Azania Patriotic Alliance Vryheidsfront Plus Pos Minister Termyn Party President van Suid-Afrika Sy Eksellensie Cyril Ramaphosa 2018 huidig ANC Adjunkpresident van Suid-Afrika Sy Eksellensie Paul Mashatile 2023 huidig ANC Minister in die Presidensie Die agb. Khumbudzo Ntshavheni 2023 – ANC Minister in die Presidensie vir Vroue,die jeug en persone met gestremdhede Die agb. Sindisiwe Chikunga 2024 – ANC Minister van Basiese Onderwys Die agb. Siviwe Gwarube LP 2024 – DA Minister vir Beplanning, Monitering en Evaluasie Die agb. Maropene Ramokgopa 2023 – ANC Minister van Binnelandse Sake Die agb. Leon Schreiber LP 2024 – DA Minister vir Elektrisiteit en Energie Die agb. Kgosientso Ramokgopa LP 2023 – ANC Minister van Finansies Die agb. Enoch Godongwana LP 2021 – ANC Minister van Gesondheid Die agb. Aaron Motsoaledi LP 2024 – ANC Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling Die agb. Mzwanele Nyhontso LP 2024 – PAC Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging Die agb. Parks Tau LP 2024 – ANC Minister van Hoër Onderwys Die agb. Buti Manamela LP 2024 – 2025 ANC Minister van Indiensneming en Arbeid Die agb. Nomakhosazana Meth LP 2024 – ANC Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Die agb. Ronald Lamola LP 2024 – ANC Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling Agb. Mmamoloko Kubayi LP (verskuif) 2024 – ANC Minister van Kleinsake-ontwikkeling Die agb. Stella Ndabeni-Abrahams 2021 – ANC Minister van Kommunikasie en digitale tegnologieë Die agb. Solly Malatsi LP 2024 – DA Minister van Korrektiewe Dienste Die agb. Pieter Groenewald LP 2024 – VF+ Minister van Landbou Die agb. Willie Aucamp LP 2026 – DA Minister van Maatskaplike Ontwikkeling Die agb. Dina Pule LP (wnd.) 2026 – ANC Minister van Menslike Nedersettings Agb. Thembi Simelane LP (verskuif)Cyril Ramaphosa Shuffles Cabinet Besoek 4 Desember 2024 2024 – ANC Minister van Minerale en Petroleumhulpbronne Die agb. Gwede Mantashe LP 2024 – ANC Minister van Omgewing, Bosbou en Visserye Die agb. David Maynier LP 2025 – DA Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur Die agb. Dean Macpherson LP 2024 – DA Minister van Polisie Die agb. Senzo Mchunu LP 2024 – ANC Minister van Samewerkende Regeringen Tradisionele Aangeleenthede Die agb. Velenkosini Hlabisa LP 2024 – IVP Minister van Sport, Kuns en Kultuur Die agb. Gayton McKenzie LP 2024 – PA Minister van Staatsdiens en -administrasie Die agb. Mzamo Buthelezi LP 2024 – IVP Minister van Toerisme Die agb. Patricia de Lille LP 2023 – GOOD Minister van Verdediging en Militêre Veterane Die agb. Angie Motshekga LP 2024 – ANC Minister van Vervoer Die agb. Barbara Creecy LP 2024 – ANC Minister van Water en Sanitasie Die agb. Pemmy Majodina LP 2024 – ANC Minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering Die agb. Blade Nzimande LP 2024 – SAKP

Verwysings

Ramaphosa