Apollodorus van Cirene () was 'n grammatikus uit antieke Griekeland wat dikwels aangehaal is deur ander Griekse grammatici, soos bv. by die skolia oor Euripides,Euripides, Oresteia 1485 in die Etymologicum Magnum,Etymologicum Magnum, s. v. βωμολόχοι en in die Suda.Suda, s. vv. ά̀ντικρυς, βωμολόχος, Νάνιον, en βδελύσσω Uit 'n studie van AthenaeusAthenaeus, Deipnosophistae xi. p. 487 wil dit voorkom asof hy 'n werk geskryf het oor drinkbekers (ποτήρια), en indien ons die gesag van die 16de eeuse Italiaanse mitograaf Natalis Comes na waarde kan skat,Natalis Comes, 3.16-18, 9.5 het hy ook 'n werk oor die gode geskryf, maar dit mag moontlik 'n verwarring wees van hierdie Apollodorus met die gevierde grammatikus en mitograaf, Apollodorus van Athene.Christian Gottlob Heyne, Oor Apollodorus pp. 1174, &c., 1167
Verwysings
Kategorie:Geskiedenis van Griekeland