Domitius Ulpianus (gebore omstreeks 170 — sterf in 223 of 228) was 'n beroemde Romeinse juris uit Tirus.
Hy beklee verskeie belangrike funksies in die keiserlike administrasie en word vermoedelik in 228 vermoor. Baie van sy werke het bewaar gebly danksy die verskillende kodekse wat ons nog besit. Ongeveer een derde van die Digesta (Digeste) (sien ook Corpus Iuris Civilis), wat uit die werke van die klassieke Romeinse juriste saamgestel is, bestaan uit fragmente van sy werk. Ook in die Fragmenta Vaticana, die Collatio, die Scholia Sinaitica, ensovoorts vind ons fragmente uit sy werke terug. Ons vind van hom kommentare op wettekste en edikte, disputaties (Disputationes), advies (Responsa), institute (Institutiones), monografieë (onder andere oor die pligte van amptenare) en kennisgewings (Notae).
Nederlandse vertaling Ulpianus, Papinianus en kleinere fragmenten, vertaal deur J.E. Spruit en K.E.M. Bongenaar (Het Erfdeel van de Klassieke Romeinse Juristen, 3), Zutphen, Walburg Pers, 1986, p. 12-75. - vooral Tituli (p. 12-61).
Bronne P. De Rynck - A. Welkenhuysen, De Oudheid in het Nederlands. Repertorium en bibliografische gids voor vertalingen van Griekse en Latijnse auteurs en geschriften, Baarn, 1992, p. 376 (= 1993).
Kategorie:Geboortes in 170 Kategorie:Sterftes in 228 Kategorie:Regsgeleerdes