Die Slag van Driefontein (ook bekend as die Slag van Abrahamskraal) op 10 Maart 1900 het direk gevolg op die Slag van Poplar Grove in die Tweede Vryheidsoorlog tussen die Britse Ryk en die Boererepublieke, in wat tans Suid-Afrika is. In die eerste helfte van 1900 het die Britte opgeruk na die twee hoofstede van die republieke, naamlik Bloemfontein en Pretoria.
Die slag duimnael|links|300px|'n Soldaat van die Londense Imperial Volunteers moet 'n lang terugtog te voet aanpak, nadat hy water vir gewonde makkers moes kry, en sy perd onder hom geskiet is. Die oorspronklike byskrif lui: A Gallant Feat. Uit Forbes and Atteridge se Battles of the Nineteenth Century, 1901. Die Boeremagte onder bevel van Christiaan de Wet het 'n 7 myl lange linie verdedig wat bedoel was om die opmars na Bloemfontein te stuit. Lord Roberts het daarop bevel gegee dat 'n divisie onder aanvoering van luitenant-generaal Thomas Kelly-Kenny die stellings van voor aanval, terwyl luitenant-generaal Charles Tucker se divisie teen die stellings se linkerflank opgeruk het. Die Boere is gevolglik gedwing om terug te val, waartydens hulle 124 manskappe as gesneuweldes of gevangenes afgestaan het, terwyl die Britte 82 gesneuweldes en 342 gewondes gehad het.
Verwysings
Bronnelys Rayne Kruger, Goodbye Dolly Gray : the story of the Boer War, Londres, Pimlico, coll. « Pimlico » (no 189), 1996, 539 p. () Pakenham, The Boer War, Londres, Cardinal, 1991 (1re éd. 1979), 659 p. ()
Eksterne skakels
Driefontein