Hobhouse is 'n klein dorpie in die Vrystaat, in Suid-Afrika. Die dorp is 56 km suid van Ladybrand en naby die Caledonrivier geleë.

Geskiedenis Die dorp is in 1904 op die plaas Poortjie van Christoffel de Bruin gestig. Die dorp is vernoem na Emily Hobhouse, die beroemde konsentrasiekamphervormer van die Tweede Vryheidsoorlog. Hobhouse het op 3 September 1913 'n munisipaliteit geword. Daar is egter 'n ander weergawe. In die ou begraafplaas is die grafsteen van Joseph Johannes Diederichs. Op die grafsteen is geskryf, "Stigter en Eerste Burgemeester van Hobhouse."

Distrik Die dorp is die handelsentrum vir die gebied wat kaas, mielies, koring en beeste produseer.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat