duimnael|Gedenkteken wat vir die slagoffers opgerig is. duimnael|Fabriek wat die giftige gas gelek het.
Die Bhopal-ramp was 'n nywerheidsramp wat in die Indiese stad Bhopal in die Madhya Pradesh provinsie plaasgevind het. Die ramp het die lewens van meer as 3 000 mense onmiddellik geëis. Daar word beraam dat daar in totaal sowat 8 000 mense in die twee weke na afloop van die ramp gesterf het en dat daar moontlik 'n verdere 8 000 mense gesterf het vanweë asemhalingsiektes wat deur die ramp veroorsaak is.Eckerman (2001).Eckerman (2004).
Die insident het in die vroeë oggendure van 3 Desember 1984 in die hart van die stad Bhopal in Indië plaasgevind. 'n Filiaalaanleg van Union Carbide wat insekdoder vervaardig het, het sowat 42 ton metielisosianaatgas vrygestel wat sowat 520 000 mense aan die giftige gas blootgestel het. Die Bhopal-ramp word dikwels aangehaal as die wêreld se ergste nywerheidsramp ooit.Chouhan et al. (1994, 2005).
Die Indiese regering en Union Carbide se reaksie op die ramp is oraloor gekritiseer. Eers in 1993 is 'n organisasie gestig, naamlik die International Medical Commission on Bhopal om na mense wat gesondheidsprobleme ervaar het as gevolg van die ramp by te staan.
Agtergrond en oorsake Die betrokke aanleg van Union Carbide India Limited is in 1969 naby Bhopal opgerig. 51% van die aanleg was in besit van Union Carbide Corporation en 49% is deur die Indiese owerhede besit. Dit het die insekdoder karbariel vervaardig wat onder die handelsnaam Sevin versprei is. Metielisosianaat (MIS) wat 'n tussenproduk in die vervaardiging van karbariel is, is ook in die proses gebruik. In 1979 is 'n aanleg vir die vervaardiging van metielisosianaat by die aanleg gelas. Metielisosianaat is gebruik in plek van minder giftige (dog duurder) materiale en UCC was terdeë bewus van die stof se eienskappe en hoe dit hanteer moes word.UCC manual (1976)UCC manual (1978)UCC manual (1979)
Tydens die nag van 2-3 Desember 1984, het groot hoeveelhede water by tenk no. 610 wat 42 ton metielisosianaat bevat het, ingelek. Die gevolglike reaksie het 'n groot temperatuurstyging van meer as 200°C in die tenk veroorsaak, wat die druk in die tenk laat styg het tot 'n vlak waarvoor die tenk nie ontwerp was nie. Dit het veroorsaak dat die nooduitlaat geopen het om die druk in die MIS-tenk te verlaag met die gevolglike vrystelling van 'n groot volume giftige gas. Die reaksie is versnel deur die teenwoordigheid van yster afkomstig van geroesde staalpype wat nie uit vlekvrye staal vervaardig is nie. 'n Mengsel van giftige gas is oor die stad Bhopal vrygelaat. Mense het oraloor paniekbevange wakker geword toe die gaswolk hulle longe begin brand het. Duisende het gesterf vanweë die gas en baie is ook doodgetrap toe mense paniekbevange gevlug het.
Faktore wat gelei het tot die grootskaalse gaslek sluit in:
Die gebruik van gevaarlike chemikalieë (MIS) in plaas van minder gevaarlike materiale Die stoor van hierdie chemikalieë in groot tenks in plaas van kleiner tenks. Moontlike korrosiemateriaal in pyplyne Swak onderhoud na die aanleg in die vroeë 1980's gesluit was Die mislukking van verskeie veiligheidsmeganismes om korrek te funksioneer (vanweë swak onderhoud en beheer)
Die ontwerp van die aanleg en ekonomiese druk om uitgawes te verminder het die meeste bygedra tot die lekkasie. Die probleem is toe vererger deur die aanleg se ligging naby 'n digbewoonde gebied, geen maatreëls om ongelukke te bestuur nie, tekortkominge in gesondheidsorg en sosio-ekonomiese rehabilitasie ens. 'n Analise van die ramp het getoon dat die omvang van die ongeluk grootliks te wyte was aan die twee eienaars van die aanleg, by name Union Carbide Corporation en die Indiese regering en tot 'n mate die regering van Madhya Pradesh.Eckerman (2005).
Openbare inligting Daar was baie gissinge ná die ramp. Die sluiting van die aanleg vir buitestaanders, insluitende die Indiese regering en die gebrek aan inligting wat aan die publiek bekendgestel is, het bygedra tot die verwarring. Die CSIR verslagVaradarajan (1985) is amptelik vrygestel 15 jaar na die ramp plaasgevind het. Die skrywers van die ICMR studiesBhopal Gas Disaster Research Centre (2003?) oor die gesondheidsimpakte is daarvan weerhou om hulle data te publiseer tot na 1994. UCC het nog steeds nie die resultate van hulle navorsing oor die ramp vrygestel nie.
UCC en die Indiese regering het tot in 1994, toe die International Medical Commission on Bhopal vergader het, voet by stuk gehou dat MIS geen nadelige langtermyn gesondheidsimpakte gehad het nie.
Bydraende faktore Die tekortkominge in die ontwerp van die Bhopal-aanleg kan opgesom word as: die keuse van 'n gevaarlike metode om insekdoder te vervaardig; grootskaalse stoor van MIS voordat dit verkoop is; veiligheidstoerusting wat nie groot genoeg ontwerp is nie; die afhanklikheid op handbeheerstelsels. Die tekortkoming in die bestuur van die aanleg kan opgesom word as: gebrek aan vaardige operateurs vanweë die indiensnemingsbeleid; gebrekkige veiligheidsbestuur as gevolg van verminderde personeel; ontoereikende onderhoud van die aanleg; gebrekkige noodbeheermaatreëls.Eckerman (2006).
Ligging van die aanleg 'n Langtermynoorsaak van die ramp was die ligging van die aanleg; owerhede het probeer maar nie daarin geslaag om UCC te oortuig om die aanleg weg van die digbevolkte gebiede te bou. UCC het hulle weiering om dit te doen gebaseer op die koste wat so 'n skuif sou meebring.Kovel (2002).
Die vervaardigingsproses Union Carbide het hulle insekdoder, Sevin, vervaardig deur metielisosianaat as intermediêre produk te gebruik. Tot en met 1979 is MIS vanaf die Verenigde State ingevoer. Ander vervaardigers, soos Bayer, het ook dieselfde insekdoder vervaardig sonder om MIS te gebruik teen 'n hoër vervaardigingskoste.
Die Bhopalproses (of reaksieroete) was om metielamien met fosgeen te laat reageer om MIS te maak; die MIS is dan met 1-naftol laat reageer om die finale produk te maak. Die roete verskil van die MIS-vrye roete wat elders gebruik is, maar het dieselfde grondstowwe gebruik in die vervaardiging, met die fosgeen wat eers met die naftol laat reageer is om 'n chloroformaatester te vorm wat dan met metielamien laat reageer is.
Dit wil voorkom asof van die tegnologie wat by die aanleg gebruik is, nie bewese tegnologie was nie.
In die vroeë 1980s het die vraag na insekdoders afgeneem al het die vervaardiging daarvan voortgegaan wat gelei het tot die opgaar van ongebruikte MIS.
Werksomstandighede Die pogings deur die bestuur van die fabriek om kostes te verminder het die fabriek se personeel en werksomstandighede beïnvloed. Kurzman beweer dat die kostebesparings gelei het tot swakker kwaliteitsbeheer en daarom ook minder streng veiligheidsreëls. As 'n pyp gelek het, is werknemers aangesê om hul bes te probeer om dit nie te vervang nie. Opleiding was ook een van die gebiede waar kostes gesny is. Bevordering is gestaak wat die moraal van werknemers verlaag het en baie van die meer vaardige werknemers elders heen gelok het.Kurzman (1987). Die werkers moes almal van Engelse handleidings gebruik gemaak het ten spyte van die feit dat slegs 'n paar van hulle die taal verstaan het.Chouhan et al. 2004Cassels (1983) Teen 1984 was slegs ses van die oorspronklike twaalf operateurs werksaam met die MIS en die aantal toesighouers is ook met die helfte verminder. Daar was geen onderhoudsvoorman op die nagskof meer gewees nie en instrumentlesings is slegs elke tweede uur geneem in plaas van die uurlikse lesings van vroeër. Werkers het gekla oor die besnoeiings deur hulle unies maar is geïgnoreer. Een werknemer is afgedank nadat hy uit protes op 'n 15-daelange hongerstaking gegaan het. 70% van die aanleg se werknemers het boetes ontvang voor die ramp omdat hulle geweier het om af te wyk van behoorlike veiligheidsregulasies onder druk van die bestuur. Verder het sekere waarnemers opgemerk dat daar ernstige kommunikasiegapings bestaan het tussen Union Carbide en sy Indiese bedrywe wat gekenmerk is deur 'n benadering van onbetrokkenheid by die oorsese bedrywe en probleme oor kulturele grense.TED case 233 (1997) Die personeelbestuursbeleid het gelei tot 'n uittog van vaardige werkers na beter en veiliger werksomstandighede.Eckerman (2006).
Toerusting en veiligheidsmaatreëls In 1998 het dit tydens openbare hofgedinge in Indië bekend geword dat anders as die Union Carbide aanlegte in die Verenigde State die aanleg van die Indiese filiaal glad nie voorbereid was op probleme nie. Geen aksieplanne is in plek gestel om insidente van dié omvang te bestuur nie. Dit sluit in stappe soos om die plaaslike owerheid in kennis te stel van die hoeveelhede en gevare van die chemikalieë wat by Bhopal vervaardig en gebruik word. Die alarms op die MIS-tenke was ten tyde van die ongeluk al 4 jaar lank buite werking.Lepowski (1994) Daar was slegs een handbeheerstelsel as rugsteun in plaas van die vierstadiumstelsel wat in die V.S.A. in gebruik was. Die fakkeltoring en uitlaatgasskropper was ten tyde van die ongeluk ook reeds 5 maande lank buite werking. Die gasskropper het daarom nie die ontsnappende gas met natriumhidroksied behandel nie, wat moontlik kon gehelp het om die konsentrasie na 'n veiliger vlak te verlaag. Selfs al sou die skropper gewerk het, was daar deur Weir tydens die ondersoeke in die nadraai van die ramp ontdek dat die maksimumdruk wat dit kon hanteer slegs 'n kwart was van die druk wat teenwoordig was tydens die ongeluk. Verder is die fakkeltoring self swak ontwerp en sou dit slegs 'n kwart van die gasvolume wat in 1984 uitgelek het kon hanteer as dit gewerk het.Weir (1987) Om energiekostes te besnoei is die verkoelingstelsel wat ontwerp was om die verdamping van MIS te beperk afgeskaal en is die MIS by 'n temperatuur van 20°C gehou in plaas van die 4,5°C wat deur die handleiding aanbeveel is en is 'n deel van die verkoelingsmiddel elders aangewend. Die stoomketel wat bedoel was om die pype skoon te hou, was vir onbekende redes buite werking gewees. Blinde flense wat sou kon keer het dat water uit die pype wat skoongemaak is deur foutiewe kleppe na die MIS-tenke kon deurlek, is nie geïnstalleer nie. Die installasie van die flense is nie by die kontrolelys vir die skoonmaakaksies ingesluit nie. Watersproeie wat ontwerp was om gaslekke uit te slaan was swak ontwerp gewees – hulle kon net tot op 13 meter en daaronder sproei en kon nie hoog genoeg spuit om te help om die ontsnappende gaskonsentrasie te verminder nie. Die MIS-tenk het vir byna 'n week lank probleme ondervind. Ander tenke is toe vir daardie week gebruik eerder as om die gebreekte een te herstel en is die inhoud daarvan vir 'n geruime tyd daarin laat staan. Daar word geglo dat die opbou van temperatuur en druk in die ongebruikte tenk grootliks bygedra het tot die omvang van die gasvrystelling. Gewone koolstaalkleppe is by die fabriek gebruik ten spyte daarvan dat hulle geroes het wanneer dit aan suur blootgestel is. Op die nag van die ongeluk is 'n lekkende koolstaalklep opgespoor wat water na die MIS-tenk laat deurlek het. Die pyp is nie herstel nie want daar is geglo dat dit te veel tyd in beslag sou neem en dat dit te duur sou wees. Union Carbide het in hulle eie verslag erken dat die meeste veiligheidstelsels nie in werking was op die nag van 3 Desember 1984 nie.UCC Investigation Report (1985) Themistocles D'Silva beweer dat die ontwerp van die MIS-aanleg na aanleiding van regeringsgidse, aangepas is vir Indiese omstandighede om die gebruik van plaaslike materiale en produkte te maksimeer. Dit het meegebring dat daar weggedoen is met duur instrumentasie wat nie as geskik beskou is vir 'n Indiese aanleg nie. Omdat elektroniese onderdele in Indië moeilik beskikbaar was het ingenieurs pneumatiese instrumente verkies.D'Silva (2006)
Vorige waarskuwingstekens en ongelukke