Cheiridopsis amabilis is 'n sukkulent wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap in die Sukkulente Karoo voor.
Die plantkundige Dr. Cornelia Klak voel egter dat hierdie spesie nie genoegsaam verskil van C. schlechteri nie en kan dus nie as 'n aparte spesie beskou word nie.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World
amabilis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika