Molibdeenheksakarboniel is 'n verbinding van molibdeen in sy 0 oksidasietoestand en koolstofmonoksied met formule .

Dit is 'n vaste stof met toksiese eienskappe. In rioolgasse is klein hoeveelhede molibdeenkarboniel (<1 ppb) aangetref.

Kristalstruktuur Die stof kristalliseer in 'n ortorombiese molekulêre struktuur wat uit amper perfekte oktaëdriese molekules bestaan.

Chemiese eienskappe Molibdeenheksakarboniel is 'n kleurlose, reuklose, lugstabiele en diamagnetiese vaste stof. Dit is nouliks oplosbaar in nie-polêre organiese oplosmiddels en effens oplosbaar in polêre oplosmiddels. Dit kan berei word uit fyn verdeelde (piroforiese) molibdeen en koolstofmonoksied onder hoë druk. het meer toepassings in organiese sintese gevind as enige ander Mo-reagens. Dit word gebruik om verskeie reaksies te kataliseer, naamlik C-C- bindingsvorming, siklisering, ringsplyting van heterosikliese verbindings, reduksies, oksidasies, heterosikliese ringvorming ens.

Verwysings

heksakarboniel Kategorie:Organometaalverbindings