Die Inarimeer (Fins: Inarijärvi/Inarinjärvi, [ˈinɑriˌjærvi]; Noord-Samies: Anárjávri; Inari-Samies: Aanaarjävri; Skolt-Samies: Aanarjäuʹrr; Sweeds: Enare träsk; Noors: Enaresjøen) is die naasgrootste meer in Finland ná die Saimaameer met 'n oppervlakte van 1 083 km². Dit is in die noordooste van Finland, net suid van die grens met Noorweë en net wes van die grens met Rusland, geleë, sowat 1 100 km noord van Helsinki. Daarbenewens is die Inarimeer die grootste meer in Sápmi en noord van die Arktiese Sirkel.

duimnael|links|Midsomernag oor die Inarimeer Die Inarimeer word verbind met die Barentssee deur die Paatsjoki. Die grootste nedersetting langs die meer is Inari, wat veral deur die inheemse Sami-kultuur gekenmerk word.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Mere in Finland