Natriummolibdaat is 'n sout van natrium en molibdeensuur met die formule .

Daar is ander fases as hierdie 1:1-fase in die --stelsel wat ook natriummolibdate genoem kan word: (1:3), (1:5) en (3:11)

Die stof word ook dikwels verhandel as sy dihidraat .

Kristalstrukture By kamertemperatuur kristalliseer natriummolibdaat in die kubiese spinel-struktuur, H1 in die strukturbericht-klassifikasie. Hierdie fase word die -fase genoem. Die Mo-atome beset tetraëder-holtes en die natriumatome oktaëder-holtes in 'n suurstofrooster met kubiese digpakking.

Teen hoër temperature gaan dit oor in 'n , en -fase. Die struktuur van - is nie goed bekend nie. Dit is moontlik monoklinies en verwant aan die ortorombiese -fase. Die -fase het die ortorombiese thénardiet-struktuur van natriumsulfaat -V (H1). In hierdie struktuur is die molibdeenatome steeds in tetraëders, maar die natriumatome is anders verdeel.

Die -fase het groter wanorde van die -tetraëders. Hierdie struktuur is ook isostruktureel met 'n natriumsulfaat-struktuur: die hoëtemperatuur (I)-fase. In teenstelling tot natriumsulfaat word geen (II) en (III)-fases aangetref nie.

Die (3:11)-molibdaat het 'n trikliniese struktuur wat aan die anataas-struktuur verwant is. duimnael|links|Struktuur van die dihidraat Die dihidraat is ortorombies, met ruimtegroep Pbca (#61), selkonstantes a=846,3(3)pm, b=1055,2(3)pm, en c=1382,7(6)pm; Z=8. Die kristalle bestaan uit afwisselende lae -tetraëders en watermolekules. Die lae is deur natriumkatione en waterstofbindings met mekaar verbind. Die tetraëder is effens verleng in die rigting van die waterstofbindings.

Chemiese eienskappe Natriummolibdaat kan verkry word deur molibdeen(VI)oksied in natriumhidroksied op te los teen 50-70 °C en die oplossing te filtreer. Die hidraat wat hieruit kistalliseer vorm die watervrye molibdaat deur dit teen 100 °C te verhit.

Gebruike Dit word gebruik om pigmente mee te maak en as 'n korrosie-inhibeerder, badbymiddel vir afwerking van metale en 'n reagens vir alkaloïede en mikrovoedingstowwe.

Natriummolibdaat word in 'n oplossing van swaelsuur as reagens gebruik in die toetsreaksie van Froehde op morfien. Hierdie reaksie behels waarskynlik die vorming van 'n organiese molibdaatester.

Verwysings

kategorie:Verbindings van molibdeen molibdaat kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 61