Cheiridopsis alba-oculata is 'n sukkulent wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap in suid-Namakwaland by Garies voor. Die totale populasie is minder as 1 000 plante groot; alhoewel dit geen ooglopende bedreigings het nie word die plant as kwesbaar beskou.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World

alba-oculata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika