Die Mälarmeer (Sweeds: Mälaren, [ˈmɛ̂ːlarɛn] of [ˈmɛ̂ːlaɳ], ) is die negende grootste meer in Europa met 'n oppervlakte van 1 073 km². Daarbenewens is dit die derde grootste meer van Swede ná die Vänernmeer en die Vätternmeer. Dit is in die ooste van Swede, net wes van die Sweedse hoofstad Stockholm, geleë en grens aan die provinsies Västmanland, Uppland en Södermanland.
duimnael|links|Kaart van Swede met die Mälarmeer in die ooste Nog tydens die Wikingtydperk was die Mälarmeer 'n deel van die Oossee en dit is eers deur postglasiale opheffing geskei. Die meer se oppervlakte is slegs 70 cm bo seevlak. Die Mälarmeer word verbind met die Oossee deur die Norrström wat deur Stockholm vloei. Dit is veral belangrik vir watervoorsiening van die metropolitaanse gebied Stockholm met sowat 2,4 miljoen inwoners. Die Mälarmeer is ook 'n gewilde vakansieplek onder Stockholmers.
Tydens die Olimpiese Somerspele 1912 is die fietsren rondom die Mälarmeer beslis. Dié wedren is gewen deur Rudolph Lewis wat sodoende die eerste Suid-Afrikaner geword het om 'n goue medalje in dié item in te palm. Die man wat alleen gery het. Beeld. 7 Julie 2012.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Mere in Swede