In die Griekse mitologie verwys Cisseus (Oudgrieks: Κισσεὺς, dit beteken "krans met klimop") na die volgende persoonlikhede:
Cisseus, 'n Egiptiese prins en een van die seuns van Koning Aegyptus.Apollodorus, 2.1.5 Sy moeder was die najade Kaliadne. Hy was dus die volle broer van Eurylochus, Fantes, Peristenes, Hermus, Potamon, Dryas, Lixus, Imbrus, Bromius, Polyctor en Chthonius. Volgens sommige bronne is hy 'n seun van Aegyptus deur óf Eurryroe, dogter van die riviergod Nilus,Johannes Tzetzes, Chiliades 7.37, p. 368-369 óf Isaie, dogter van Koning Agenor van Tirus, Libanon.Skolia oor Apollonius Rhodius, Notas op Boek 3.1689 Dieselfde lot het Cisseus getref as die van sy broers, met die uitsluiting van Lynceus, toe hulle op hul huweliksnag deur hul vroue gedood is wat op bevel van hul vader, Koning Danaus van Libië opgetree het. Hy was getroud met die Danaïde Antheleia, dogter van Danaus en die najade Polyxo. Cisseus, 'n Thraciese koning en vader van Theano, die vrou van Antenor, soos vertel word in Homeros se Ilias.Homeros, Ilias 6.295 & 11.223 Sy vrou was Telekleia, 'n dogter van Koning Ilos van Troje. Geen mitograaf (Homeros ingesluit) voorsien enige nadere besonderhede oor hierdie Cisseus nie, alhoewel Strabo die voorstel maak dat hy geassosieer was met die dorp Cissus in Wes-Thracië (later Masedonië). Hekabe, die vrou van Priamos, word soms aangegee as 'n dogter van Cisseus;Euripides, Hecuba 3Hyginus, Verhale 91, 111, 243, 249 & 256Vergilius, Eneïde 7.320 maar sy word gewoonlik beskryf as 'n Frigiër en die dogter van Koning Dymas. Cisseus word onthou daarvoor dat hy vir Anchises 'n bak gegee het wat versier is met gravures van figure as 'n aandenking en 'n plegtige belofte van hul vriendskap.Vergilius, Eneïde 5.537–548Maurus Servius Honoratus, Kommentaar op Vergilius se Eneïde 5.535 Cisseus, seun van Melampus en 'n bondgenoot van Turnus, die man wat Eneas in Italië geopponeer het. Hy is gedood deur Eneas.Vergilius, Eneïde 10.318 ff. Cisseus, ook die naam van 'n plaaslike koning, wat verslaan is deur die Masedoniërs, Perdikkas, koning Karanus en Archelaos, in verskeie weergawes van die mite. Hy het Archelaos ontvang en belowe om aan hom sy koninkryk en dogter te gee. Hy het later teruggegaan op sy woord en probeer om Archelaos te vermoor. Archelaos, wat onder die Heraklide (Heracleidae) (Oudgrieks Ἡρακλεῖδαι. Die Heraklide is in die Griekse mitologie die gangbare versamelnaam vir die nageslag van Herakles, wat hy by onder andere die koningin van Lidië, Omphale, verwek het) tel, het egter in pleks hiervan vir Cisseus gedood.Hyginus, Verhale 219
Verwysings
Bronnelys
Apollodorus, Die Biblioteek, met 'n Engelse vertaling deur Sir James George Frazer, F.B.A., F.R.S. in 2 Volumes, Cambridge, MA, Harvard-universiteit drukkers; Londen, William Heinemann Bpk. 1921. . Aanlyn weergawe beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Griekse teks beskikbaar by dieselfde webblad. Euripides, The Complete Greek Drama, geredigeer deur Whitney J. Oates en Eugene O'Neill, Jr. in twee volumes. 1. Hecuba, vertaal deur E. P. Coleridge. New York. Random House. 1938. Aanlyn weergawe beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Euripides, Euripidis Fabulae. vol. 1. Gilbert Murray. Oxford. Clarendon Press, Oxford. 1902. Griekse teks beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Gaius Julius Hyginus, Verhale uit die Mites van Hyginus, vertaal en geredigeer deur Mary Grant. Universiteit van Kansas Publikasies in Geesteswetenskappe. Aanlyn weergawe beskikbaar by die Topos teksprojek. Homeros, Die Ilias, Afrikaanse vertaling deur Johannes Petrus Jansen van Rensburg, 1952 Homeros, Ilias, met 'n Engelse vertaling deur A.T. Murray, Ph.D. in twee volumes. Cambridge, MA., Harvard-universiteit drukkers; Londen, William Heinemann, Bpk. 1924. Aanlyn weergawe beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Homeros, Homeri Opera in vyf volumes. Oxford, Oxford-universiteit drukkers. 1920. Griekse teks beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Servius die grammatikus, In Vergilii carmina comentarii. Servii Grammatici qui feruntur in Vergilii carmina commentarii; recensuerunt Georgius Thilo et Hermannus Hagen. Georgius Thilo. Leipzig. B. G. Teubner. 1881. Aanlyn weergawe beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Vergilius, Eneïde. Theodore C. Williams, vertaler. Boston. Houghton Mifflin Co. 1910. Aanlyn weergawe beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Vergilius, Bucolics, Aeneid, and Georgics. J. B. Greenough. Boston. Ginn & Co. 1900. Latynse teks beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek.
Kategorie:Griekse mitologie