VantaaVanda 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Landskap 20px Uusimaa Provinsie 20px Suid-Finland Koördinate  Stigting (eerste verwysing) 1428 Stadstatus 1974 Oppervlakte:    - Totaal 240,35 vk km  - waarvan land 238,37 vk km  Hoogte bo seevlak m Bevolking:    - Totaal (2022) 242 819  - Bevolkingsdigtheid 1 010,3/vk km Tydsone UTC +2 (OET)  - Somertyd UTC +3 (OEST) Klimaat    - Tipe Kontinentaal-gematig  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 5,3 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie −5,0 / 17,7 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 682 mm Burgemeester Ritva Viljanen Amptelike webwerf vantaa.fi

Vantaa (Fins: [ˈʋɑntɑː]; Sweeds: Vanda, [ˈvɑnːdɑ], ), tot in 1972 "Landelike Munisipaliteit Helsinki" genoem (Fins: Helsingin maalaiskunta; Sweeds: Helsinge landskommun), is 'n stad en munisipaliteit in die Suid-Finse administratiewe streek Uusimaa. Met 'n oppervlakte van 240,35 vierkante kilometer en 'n bevolking van 242 819 (2022) is dit die vierde grootste stad in dié land ná Helsinki (Helsingfors), Espoo (Esbo) en Tampere (Tammerfors).

duimnael|links|Die Middeleeuse Sint Laurentius-kerk is die oudste gebou in die metropolitaanse gebied Helsinki Vantaa lê direk noord van die hoofstad Helsinki en maak deel uit van die stedelike agglomerasie, net soos Espoo en Kauniainen. Vantaa is 'n amptelik tweetalige stad met Fins as meerderheidstaal (70,9%) en Sweeds as minderheidstaal (2,2%).

In 1428 is die Landelike Munisipaliteit Helsinki vir die eerste keer genoem en met sy stigting in 1550 is Helsinki van dié nedersetting afgestig. In die 20ste eeu het dit 'n groot bevolkingsgroei getoon en in 1972 is dit in Vantaa hernoem. Twee jaar later het Vantaa stadstatus ontvang.

Die Helsinki-lughawe is in Vantaa geleë.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Finland