Helsingborg 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Landskap 20px Skone Län 20px Skåne Koördinate Gestig op 21 Mei 1085 Oppervlakte: - Totaal (kommun) 423,06 vk km Hoogte bo seevlak 10 m Bevolking: - Totaal (2023) 151 306 - Bevolkingsdigtheid (kommun) 357,6/vk km Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat - Tipe Gematigde seeklimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 9,2 °C - Gem. temp. Januarie/Julie 0,8 / 18,1 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 672,9 mm Amptelike webwerf helsingborg.se
Helsingborg (Sweeds: [hɛlsɪŋˈbɔrj], ) is 'n stad op die westelike deel van die Suid-Sweedse skiereiland Skone met 'n oppervlakte van 423,06 vierkante kilometer en 'n bevolking van 151 306 (2023). Helsingborg dien as die administratiewe hoofstad van die gelyknamige munisipaliteit (Sweeds: kommun).
duimnael|links|upright|Standbeeld van Magnus Stenbock by die stadsaal van Helsingborg Helsingborg is op 21 Mei 1085 amptelik gestig. As gevolg van sy ligging was dit sedert die begin 'n strategies belangrike stad vir beide Denemarke en Swede. Tot in 1658 was Helsingborg net soos die hele Skone Deense gebied, toe dit met die Vrede van Roskilde ná die Deens-Sweedse Oorlog (1657–1658) deur Denemarke aan Swede afgestaan is. In 1710 het Denemarke tydens die Groot Nordiese Oorlog 'n laaste poging aangewend om die stad te herower, maar Magnus Stenbock kon Helsingborg suksesvol verdedig.
Helsingborg lê langs die Sont aan die skeepsroete tussen Noord- en Oossee en is Swede se naaste punt aan Denemarke; die Deense stad Helsingør is slegs vier kilometer oorkant die Sont. Die Sont se engste punt bevind hom tussen Helsingør in Denemarke en Helsingborg in Swede. Die HH-veerbootroete tussen Helsingør in Denemarke en Helsingborg in Swede in die noorde van die Sont is een van die besigste internasionale veerbootroetes ter wêreld met meer as 70 ritte in beide rigtings per dag.
Helsingborg was een van die gasheerstede tydens beide die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 en die Vrouesokkerwêreldbeker 1995.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Swede Kategorie:Nedersettings langs die Oossee