Pijin is 'n Kreooltaal wat saam met Engels die amptelike tale van die eilandstaat Salomonseilande vorm. Dit is 'n vereenvoudigde weergawe van die Indo-Europese taal Engels.
Pijin het sowat 24 000 moedertaalsprekers, terwyl 300 000 mense dit as 'n tweede taal praat. Pijin is die mees verspreide taal van die Salomonseilande en dien as 'n lingua franca. Dit is verwant aan Bislama, een van die twee amptelike tale van Vanuatu, en Tok Pisin, een van die drie amptelike tale van Papoea-Nieu-Guinee.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Engelsgebaseerde pidgin- of kreooltale Kategorie:Salomonseilande