In die Griekse mitologie is Antenor (Oudgrieks: Ἀντήνωρ Antḗnōr) 'n raadgewer aan die hof van koning Priamos van Troje gedurende die Trojaanse Oorlog.
Beskrywing Antenor word deur die Bisantynse kroniekskrywer Malalas in sy Chronographia (Χρονογραφία) beskryf as "lank, dun, wit, blond, met klein oë, 'n haakneus, slim, lafhartig, 'n storieverteller en welsprekend".Johannes Malalas, Chronographia (Χρονογραφία) 5.106 In Dares die Frigiër se verslag word hy beskryf as "...lank, grasieus, vinnig, slim en versigtig."Dares die Frigiër, 12
Familie Antenor was die seun van óf die Trojaanse edelman Aesjetes by CleomestraDictys Cretensis, 4.22 óf moontlik van die Trojaanse prins Hicetaon, die seun van koning Laomedon van Troje, en die broer van koning Priamos.Eustatios van Thessaloniki oor Homeros, p. 349; skolia oor die Ilias 3.201 Hy was die man van Theano,Apollodorus, Epitoom 3.34 ff sien Griekse weergawe: "Ἀρχέλοχος καὶ Ἀκάμας Ἀντήνορος καὶ Θεανοῦς, Δαρδανίων ἡγούμενοι" is vertaal as "Archelochus en Akamas, seuns van Antenor en Theano, leiers van die Dardaniërs" dogter van Cisseus van Thracië, waarby hy ten minste een dogter, Krino, gehad het,Pausanias, 10.27.4 en verskeie seuns, insluitende Akamas,Homeros, Ilias 2.823, 11.60 & 12.100; Apollodorus, Epitoom 3.34 Agenor,Homeros, Ilias 11.59, 21.545 & 579 Anteus,Tzetzes oor Lycophron, 134 Archelochus,Homeros, Ilias 2.823, 12.100 & 14.464; Apollodorus, Epitoom 3.34 Coön,Homeros, Ilias 11.248 & 256, 19.53 Demoleon,Homeros, Ilias 20.395 Eurumachus,Pausanias, 10.27.3 Glaucus,Vergilius, Eneïde 6.484; Apollodorus, Epitoom 5.21; Dictys Cretensis, 4.7; Pausanias, 10.27.3 Helicaon,Homeros, Ilias 3.123 Iphidamas,Homeros, Ilias 11.221 & 261; Pausanias, 4.36.4 & 5.19.4 Laodamas,Homeros, Ilias 15.516 Laodocus,Homeros, Ilias 4.87 Medon,Vergilius, Eneïde 6.484 PolibosHomeros, Ilias 11.59 en Thersilochus (van wie die meeste gesterf het tydens die Trojaanse Oorlog). Hy was ook die vader van 'n buite-egtelike seun genaamd PedaeusHomeros, Ilias 5.69 by 'n onbekende vrou. Volgens verskeie skolastici was Antenor familie van Priamos.
Mitologie Antenor was een van die mees wyse manne van die Trojaanse raadgewers. In die Homeriese verslag van die Trojaanse Oorlog raai Antenor die Trojane aan om Helena na haar man terug te neem. Hy is ook ten gunste van 'n onderhandelde vrede met die Grieke. In latere ontwikkelings van die mites, veral volgens Dares en Dictys van Kreta, is Antenor 'n duidelike verraaier omdat hy die stadspoorte vir die vyand oopgemaak het. As betaling is sy huis – gemerk deur die vel van 'n panterkat oor die deur – gespaar tydens die plundering van die stad.
Die gevolglike lot wat hom toegeval het verskil van outeur tot outeur. Daar word gesê dat hy 'n stad op die terrein van Troje herbou het; dat hy hom by Cirene in die huidige Libië gevestig het; of aan die kus van die Tirreense See; of dat hy Patavium gestig het (moderne Padua),Vergilius, Eneïde 1.1.242Titus Livius. Ab Urbe Condita, Vol. I, Hfst. I. Korčula, of ander stede in Oos-Italië.
In letterkunde
Antenor verskyn kortliks in Homeros se Ilias. In Boek 3 is hy teenwoordig wanneer Helena elkeen van die Griekse krygers vanaf die muur van Troje identifiseer aan Priamos; wanneer sy Odusseus beskryf, bevestig Antenor haar weergawe, en verwys hy na hoe hy Odusseus en Menelaos vermaak het en albei leer ken het. In dieselfde boek het hy Priamos na die voorste linie vergesel en getuig van die Koning se toespraak voor die tweegeveg tussen Menelaos en sy seun Paris. In Boek 7, soos hierbo genoem, raai hy die Trojane aan om Helen terug te gee, maar Paris weier om toe te gee. Antenor word genoem in Vergilius se Eneïde in boek 1, reël 243, wanneer Venus vir Jupiter vertel dat Antenor van die beleërde Troje ontsnap het en Patavium, die moderne Padua, gestig het. In Dictys Cretensis se Ephemeris belli Troiani verraai Antenor en Aeneas die Trojane om die Grieke te help, en regeer oor die vernielde Troje wanneer die Grieke Troje verlaat. In Dares die Frigiër se de excidio Trojae historia verraai Antenor vir Troje. In Geoffrey van Monmouth se Historia Regum Britanniae word Antenor en sy volgelinge verban uit Troje, waarna hulle hul vestig aan die kus van die Tirreense See; Brutus van Troje ontdek later verskeie nasies wat afstam van hulle, gelei deur Corineus. In Geoffrey Chaucer se Troilus en Criseyde verskyn Antenor as 'n minderjarige, stom karakter, wat gevangene geneem word deur die Grieke, maar teruggeneem word in ruil vir Criseyde. Die sirkel Antenora is na Antenor vernoem in die gedig Inferno in Dante Alighieri se Goddelike Komedie. Dit is geleë in die Hel se Sirkel van Verraad wat gereserveer word vir verraaiers van stede, lande en politieke partye. Antenor verskyn as 'n karakter in William Shakespeare se toneelstuk Troilus en Cressida wat afspeel tydens die Trojaanse Oorlog. Antenor word op ironiese wyse foutiewelik geïdentifiseer deur Albert Bloch ('n rommelige, pretensieuse karakter in Marcel Proust se roman Le Côté de Guermantes) as die seun van die riviergod Alpheus. Hy verwar hom waarskynlik met Antinoös wat met Alpheus geassosieer word.
Eponiem Die Kleinplaneet 2207 Antenor, wat in 1977 ontdek is deur die Sowjetse astroloog Nikolai Stepanovich Chernykh, is vernoem na hom.
Verwysings
Bronnelys Apollodorus, Die Biblioteek, met 'n Engelse vertaling deur Sir James George Frazer, F.B.A., F.R.S. in 2 Volumes, Cambridge, MA, Harvard University Press; Londen, William Heinemann Ltd. 1921. . Aanlyn weergawe by die Perseus digitale biblioteek. Griekse teks beskikbaar by dieselfde webblad.
Dictys Cretensis, Uit die Trojaanse oorlog. "Die Kronieke van Dictys van Kreta en Dares die Frigiër", vertaal deur Richard McIlwaine Frazer, Jnr. (1931-). Drukpers van die Universiteit van Indiana. 1966. Die aanlyn weergawe kan gevind word by die Topos teksprojek. Homeros, Die Ilias, Afrikaanse vertaling deur Johannes Petrus Jansen van Rensburg, 1952 Homeros, Die Ilias, Engelse vertaling deur A.T. Murray, Ph.D. in twee volumes. Cambridge, MA., Drukpers van Harvard-universiteit; Londen, William Heinemann, Bpk. 1924. . Aanlyn weergawe beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Homeros, Homeri Opera in vyf volumes. Oxford, Drukpers van die Universiteit van Oxford. 1920. . Die Griekse teks kan gevind word by die Perseus digitale biblioteek.
Pausanias, Graeciae Descriptio, met 'n Engelse vertaling deur W.H.S. Jones, Litt.D., en H.A. Ormerod, M.A., in 4 Volumes. Cambridge, MA, Drukpers van Harvard-universiteit; Londen, William Heinemann Bpk. 1918. . Aanlyn weergawe beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek Pausanias, Graeciae Descriptio. 3 vols. Leipzig, Teubner. 1903. Griekse teks beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Vergilius, Eneïde Theodore C. Williams (vertaler) Boston. Houghton Mifflin Co. 1910. Aanlyn weergawe beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Vergilius, Bucolics, Aeneid, and Georgics. J. B. Greenough. Boston. Ginn & Co. 1900. Latynse teks beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek.
Tzetzes, Johannes, Allegorieë van die Ilias vertaal deur Goldwyn, Adam J. en Kokkini, Dimitra. Dumbarton Oaks Middeleeuse biblioteek, Harvard-universiteit drukkers, 2015.
Kategorie:Mitologie