Moenie verwar word met Mandinka nie.
Maninka (ߡߊ߬ߣߌ߲߬ߞߊ߬ߞߊ߲, Maninkakan) is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 4,6 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Mandinka-volk gepraat, regoor die lande Guinee, Ivoorkus, Liberië, Mali, Senegal en Sierra Leone. Maninka vorm saam met Bambara, Dyula en Mandinka 'n dialekkontinuüm wat as Manding bekend staan. Afhangende van die gebied word Maninka met óf die Latynse alfabet óf die N'Ko-alfabet geskryf; laasgenoemde is in 1949 deur Soulemayne Kante vir die dialekkontinuüm ontwerp en gebaseer op die Arabiese alfabet.
Maninka is een van Mali se nasionale tale, naas die amptelike taal Frans.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Mande-tale Kategorie:Tale van Guinee Kategorie:Tale van Ivoorkus Kategorie:Tale van Liberië Kategorie:Tale van Mali Kategorie:Tale van Senegal Kategorie:Tale van Sierra Leone