Rutenium(IV)oksied of ruteniumdioksied is 'n verbinding van rutenium in sy +4 oksidasietoestand en suurstof met die chemiese formule

Dit is 'n termies stabiele vastestof.

Kristalstruktuur kristalliseer in die tetragonale rutiel-struktuur. (C4 in die strukturbericht-klassifikasie).

Eienskappe Ruteniumdioksied () is die mees omgewingsstabiele lid van die familie van die oorgangsmetaaloksiede (TMOs. transition metal oxides) Dit is 'n metaalagtige geleier in sy rutielstruktuur, met 'n hoë elektriese geleidingsvermoë (die weerstandsvermoë van enkelkristal RuO2 by kamertemperatuur is ~35 µΩ-cm), terwyl die meeste oksiede halfgeleiers of isolatore is.

Hierdie verskille in die elektroniese gedrag hou verband met die vulling van die d-toestande van die oorgangsmetale in hulle onderskeie oksiede. kan gebruik word as 'n belowende materiaal vir elektriese kontakte, 'n elektrodegeleier in geïntegreerde stroombane en optiese dun films in keramiekweerstande. Baie metaaloksiede vertoon swak stabiliteit by anodiese potensiale van die suurstof-evolusie-reaksie (OER). Talle studies het egter getoon dat edel TMO's soos (iridiumoksied) en goeie OER-prestasies toon. Dit is belangrik vir die splitsing van water met hernubare elektriese energie.

kan by temperature tuusen 998K en 1123K in 'n atmosfeer van droë chloorgas reageer tot vlugtige rutenium(III)chloried wat as die -fase in 'n koue val versamel kan word. Dit kan gebruik word vir herwinning of verwerking van kernafval. Rutenium is een van die elemente wat in splitsingsreaksies geproduseer word.

Verwysings

kategorie:Verbindings van rutenium kategorie:Anorganiese verbindings