Roland Garros (6 Oktober 1888 – 5 Oktober 1918) was 'n Franse vlieënier en vegvlieënier tydens die Eerste Wêreldoorlog.Roland Garros, l'aviateur
In 1928 is die Roland Garros-tennisstadion na hom vernoem; die Franse Ope-tennistoernooi kry die naam van Roland Garros, wat in dié stadion gehou word.
Biografie Garros is in Saint-Denis, Réunion gebore en het aan HEC Paris gestudeer.QUI ÉTAIT ROLAND GARROS ?Roland Garros (HEC 1908), pioneer of aviationQui était Roland Garros, celui qui a donné son nom au mythique tournoi de tennis ? Hy het sy vliegloopbaan in 1909 begin deur die Santos-Dumont-eenvliegtuig te vlieg, 'n vliegtuig wat net goed gevlieg het as dit deur 'n liggewigvlieënier gevlieg is. In 1911 het Garros sy studies voltooi en die Bleriot-eenvliegtuig gevlieg en aan verskeie wedrenne in Europa deelgeneem. Hy was 'n vooraanstaande vlieënier voordat die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het ; in 1913 het hy van vliegtuie verander deur die Morane-Saulnier N te vlieg, 'n aansienlike verbetering bo die Blériot, en het beroemd geword vir 'n ononderbroke vlug oor die Middellandse See van Fréjus in Suid-Frankryk na Bizerte in Tunisië. Die volgende jaar het Garros by die Franse leër aangesluit toe die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1888 Kategorie:Sterftes in 1918 Kategorie:Lugvaartpioniers Kategorie:Franse vlieëniers