Palladiumfosfosulfied is 'n verbinding van palladium met swael en fosfor met die chemiese formule .
Dit is 'n diamagnetiese halfgeleier.
As dit ionogeen beskou word, kan dit as geskryf word.
Kristalstruktuur PdPS kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur. PdPSe het dieselfde struktuur. Palladiumatome word deur twee swael- en twee fosforatome gekoördineer wat 'n effens verwronge vlak vierkant vorm. Die [S-P-P-S] anioon word deur drie enkelbindings bymekaar gehou. Die forsforatome word deur een fosfor-, een swael- en twee palladiumatome in 'n effens verwronge tetraëder omring. Die swaelatome het net drie ligande (een P en twee Pd) en 'n eensame elektronpaar maak die tetraëder kompleet. Die P-P-afstand is 221pm wat amper dieselfde is 'n die element fosfor. Die struktuur bestaan uit dubbellae met een S-P einde in een laag en die ander P-S in die ander laag. Die dubbellae word net deur swak venderwaalsinteraksies bymekaar gehou.
Eienskappe Die bandgaping is 1,70 eV vir 'n 3D grootmaatkristal maar dit is groter vir monster wat net uit twee of drie lae bestaan (1,75 eV) en 1,95 eV vir een 2D lagie.
Palladiumfosfosulfied is gekarakteriseer as elektrodemateriaal in fotoëlektrochemiese selle. PdPS in die vorm van 'n samestelling met grafietoksied (rGO-PdPS) kataliseer die vorming van suurstof in basiese mediums. Vanweë die gelaagde struktuur van PdPS kan ook litiumione elektrolities geïnterkaleer word.
Verwysings
fosfosulfied Kategorie:Verbindings van fosfor Kategorie:Verbindings van swael Kategorie:Anorganiese verbindings