Juttadinteria albata is 'n sukkulent wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is inheems aan Namibië en Suid-Afrika en kom in die Gariepvallei, weerskante van die Oranjerivier by Sendelingsdrift voor. In Suid-Afrika het die plant 'n voorkomsgebied van 29 km². Daar is tans minder as 1 000 individuele plante oor en dié word bedreig deur oopgroef mynbou aktiwiteite.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World
albata Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika