duimnael|regs|Die brug van Kloofpas in die Waterberg-eskarp waar die ongeluk plaasgevind het. Op 28 Maart 2024, het 'n passasiersbus naby Mmamatlakala in Limpopo, Suid-Afrika oor die rand van 'n brug gestort, wat op 'n draai van die styl Kloofpas in die Waterberg geleë is. 45 mense is dood en 'n agtjarige meisie, wat ernstige beserings opgedoen het, was die enigste oorlewende. Volgens die Suid-Afrikaanse Departement van Vervoer het die voorval plaasgevind toe die bus die reling van die brug getref het en die pad verlaat het. Die bus het oor die rand van die brug getuimel, op die rotse benede te lande gekom en aan die brand geslaan. Die bus het Paasfeespelgrims van Gaborone, Botswana, na Moria in Limpopo, Suid-Afrika vervoer.
Verwysings
Eksterne skakels Bus plunges from bridge into ravine in South Africa – video (video van die nasleep van die ongeluk deur The Guardian)
Kategorie:Ongelukke in Suid-Afrika