Didymaotus lapidiformis is 'n vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap in die Tankwa Karoo voor. Daar is twee subpopulasies bekend en die plant word bedreig deur oormatige versameling, gruisgroewe en mynbou aktiwiteite.

Die genus bestaan uit slegs een spesie, Didymaotus lapidiformis en dit is dus 'n monotipiese takson.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Verwysings

Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika