Bassirou Diomaye Diakhar Faye (Wolof: Basiiru Jomaay Jaxaar Fay; gebore op 25 Maart 1980 in Ndiaganiao), algemeen bekend as "Diomaye", is 'n Senegalese politikus wat sedert 2 April 2024 as president van dié land dien. Hy was van 2022 tot 2024 die sekretaris-generaal van die eens verbode PASTEF en het in 2024 die Senegalese presidensiële verkiesing gewen pleks van die gediskwalifiseerde kandidaat Ousmane Sonko.

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1980 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Presidente van Senegal