Dicrocaulon ramulosum is 'n sukkulent wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap in Namakwaland, tussen Hondeklipbaai en Kotzesrus voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 4 407 km². Die spesie word bedreig deur mynbou aktiwiteite veral by Hondeklipbaai. Verder suid word dit ook bedreig deur vertrapping en oorbeweiding.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World
ramulosum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika