Die gomvy (Psammophora modesta) is 'n sukkulent wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is inheems aan Namibië en Suid-Afrika. In Suid-Afrika kom dit in die Noord-Kaap in die Richtersveld en in Namibië in die Sperrgebiet voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 5 063 km². Daar is nege subpopulasies bekend en die plant word bedreig deur mynbouaktiwiteite asook klimaatsverandering. In Suid-Afrika word dit ook bedreig deur oorbeweiding deur vee.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World

modesta Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika