Sirkoniumtriselenied of sirkoniumselenieddiselenied is 'n verbinding van sirkonium in sy + oksidasietoestand en seleen met formule . Dit kan beskou word as met een seleenatoom in die 2- oksidasietoestand en die ander twee in die 1- oksidasietoestand.

Dit is 'n halfgeleier. Dit het 'n indirekte bandgaping van 1,1 eV en 'n direkte een van 1,48 eV.

Kristalstruktuur kristalliseer in 'n monokliniese struktuur wat 'n argetipe is vir ander trichalkogeniede soos , , , , , , en

Die sirkoniumatome vorm kettings langs die b-as en is omring deur twee seleenatome en twee seleenpare (Se-Se) wat 'n verwronge trigonale prisma vorm. Die kettings vorm lae wat deur vanderwaalskragte by mekaar gehou word. Die triselenied en die trisulfied vorm mengkristalle oor die heel gebied 0<x<3.

Sintese Die verbinding kan uit die element gevorm word en deur chemiese damptransport met jodium kan kristalle gegroei word:

Fisiese eienskappe gedra hom, afhangende van die fisiese dikte van die materiaal, as halfgeleider sowel as halfmetaal en dit vertoon ladingdigtheidgolwe (CDW) by ongeveer 60 K en 'n supergeleidende fase by ~2K. Die lae kan in dun 2D-lae afgeskilfer word.

Gebruike Sirkoniumtriselenied het toepassings in gepolariseerde liguitstralende en ligopsporingstoestelle wat verband hou met sy kwasi-eendimensionele eienskappe soos hoë anisotropieverhoudings in geleiding en lineêre dichroïsme.

Verwysings

triselenied kategorie:Verbindings van seleen kategorie:Anorganiese verbindings