Sirkoniumdisilisied is 'n verbinding van sirkonium en silikon met formule .
Kristalstruktuur kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur wat die argetipe is vir die C49-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie.
Eienskappe Dit is 'n bros vastestof, wat onoplosbaar is in perchloorsuur, swaelsuur, soutsuur, salpetersuur en 50% oplossings van natrium- en kaliumhidroksied. Dit los op in gesmelte boraks, , en in 1:1 fluoorsuur.
In gesmelte boraks tas dit vinnig platinum aan.
Sintese Die verbinding kan met 'n aluminotermiese metode verkry word. 'n Mengsel van ystervrye sand, aluminiumpoeier, swael en word in 'n vuurvaste smeltkroes gedoen en met 'n lagie magnesiumpoier bedek en aangesteek. Dit kan ook vervaardig word deur sirkoniumpoeier en silikonpoeier te meng en tot 1100 °C te verhit.
Gebruike Die stof is te bros om as vuurvaste stof vir sy hardheid gebruik te word. Dit is egter suurvast en bied goeie weerstand teen oksidasie deur suurstof teen temperature van 900 - 1100 °C en is as 'n bekledingsmateriaal in kernreaktore ondersoek. Verwysings
disilisied kategorie:Verbindings van silikon kategorie:Anorganiese verbindings