Uraan(II)sulfied of uraanmonosulfied is 'n verbinding van uraan in sy 2+ oksidasietoestand met swael met die formule .

Kristalstruktuur Uraan(II)sulfied kistalliseer met die haliet-struktuur, wat die B1-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.

Chemiese eienskappe Uraan(II)sulfied is 'n silwerkleurige geleier, wat aan die lug blootgestel stadig verkleur na bronskleurig deurdat aan die oppervlak oksiede soos gevorm word. Dit het 'n magnetiese oorgang teen 180K en word ferromagneties. Die warmtekapasiteit by die Curiepunt vertoon die tiperende verloop van 'n lambda-oorgang.

Dit kan verkry word deur gepoeierde uraanmetaal in waterstofsulfied te verhit:

Die reaksieproduk is nogtans 'n mengsel van uraanmetaal en verskeie sulfiede. Westrum et al. gebruik sintering teen baie hoë temperature (2100 °C) om homogeniteit te bereik.

Magnetiese eienskappe US word ferromagneties onder 177 K met 'n magnetiese moment teen 0K van 1.55 μ. Die 5f-bydrae daarvan is bepaal deur neutrondiffraksie 1,7 μ. Die verskil van -0,15 μ is te wyte aan die diffuse geleidingselektrone wat antiparallel aan die totale moment gepolariseer is. Hoewel US kubies is, het dit 'n enorme magnetiese anisotropie by lae temperature. Onder druk daal die Curietemperatuur teen -0.23K/kbar wat bewys lewer dat US 'n itinerante ferromagneet is. Die magnetiese moment is dus nie vas op een posisie gelokaliseer nie, maar hulle reis rond met die geleidingselektrone wat hulle veral in orbitale van 5f-karakter bevind.

Verwysings

sulfied Kategorie:Anorganiese verbindings