Radiumchloried is 'n sout van die radioaktiewe element radium en waterstofchloried met die formule .
Die stof brand met 'n karmynrooi vlam. (Bariumchloried gee 'n groen vlam). Dit vertoon spontane luminessensie. Dit is gebruik as stralingstandaard, maar teenswoordig word radiumsulfaat gebruik omdat dit vanweë sy onoplosbaarheid minder gevare oplewer.
Chemiese eienskappe Radiumchloried, , was die eerste radiumverbinding wat in 'n suiwer toestand voorberei is. Die chloried was die basis van Marie Curie se oorspronklike skeiding van radium van barium deur fraksionele kristallisasie. Radiumchloried is oplosbaar en kristalliseer uit oplossing as die dihidraat . Dit het dieselfde struktuur as die ooreenstemmende bariumsout (monoklinies met ruimtegroep P2/m #14). Radiumchloried en -bromied is minder oplosbaar as die ooreenstemmende bariumsoute terwyl radiumnitraat meer oplosbaar as bariumnitraat is.
Watervrye radiumchloried kan verky word deur die bromied in 'n stroom van droë waterstofchloried te verhit:
Gebruike word gebruik om radongas te produseer wat op sy beurt vir kankerbehandeling gebruik word. Hierdie verbinding word vanweë sy radioaktiewe karakter nie aan die algemene publiek te koop aangebied nie. word veral vir die behandeling van prostaatkanker gebruik.
Verwysings
Kategorie:Verbindings van radium Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 14