Bariumoksied is 'n verbinding van barium met suurstof met die formule .
Kristalstruktuur Bariumoksied kistalliseer met die haliet-struktuur, wat die B1-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.
Chemiese eienskappe Bariumoksied, ook bekend as baria, is 'n geelwit higroskopiese nie-vlambare materiaal.
Dit kan verkry word deur bariumnitraat te verhit:
'n Ander metode is om bariumkarbonaat te kalsineer:
Om te verhoed dat bariumperoksied gevorm word, word dikwels koolstof bygevoeg, maar dit gee 'n swart produk.
Bariumoksied is 'n sterk Lewisbasis wat heftig met sure kan reageer.
Gebruike Dit word gebruik as 'n deklaag vir warm katodes, in katodestraalbuise, en in die vervaardiging van sekere soorte glas, soos optiese kroonglas.
Dit word ook as alternatief vir lood(II)oksied in die produksie van optiese kroonglas gebruik vanweë bariumoksied se hoë bydrae tot die brekingsindeks van glas. Ander gebruike sluit in: 'n etoksileringskatalisator in die reaksie tussen alkohole en etileenoksied 'n droogmiddel vir die droog van gasse en oplosmiddels. Dit het 'n bykomende voordeel dat dit nie met vog swel of nat en taai word nie.
Verwysings
oksied Kategorie:Anorganiese verbindings