Conophytum ectypum is 'n sukkulent wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 599 km² en is deel van die Richtersveld. Die plant word bedreig deur onwettige smokkelary en sedert 2019 is daar 'n merkbare afname in die populasie as gevolg hiervan.
Subspesies Die spesie het vyf subspesies: Conophytum ectypum var. brownii (Tischer) Tischer Conophytum ectypum subsp. cruciatum S.A.Hammer Conophytum ectypum subsp. ectypum Conophytum ectypum subsp. ignavum S.A.Hammer Conophytum ectypum subsp. sulcatum (L.Bolus) S.A.Hammer
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
ectypum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika