Beethoven se Mis in D-majeur, op. 123, beter bekend as sy Missa Solemnis, is 'n plegtige mis wat hy 1819 en 1823 gekomokneer het. Dit is vir die eerste keer op 7 April 1824 volledig uitgevoer in Sint Petersburg, Rusland, onder die beskerming van Beethoven se beskermheer Prins Nikolai Golitsyn. 'n Onvolledige uitvoering is reeds op 7 Mei 1824 in Wene gegee, toe die Kyrie, Credo en Agnus Dei deur die komponis gedirigeer is.Elliot Forbes (ed.), Thayer's Life of Beethoven, Princeton, 1970, vol. II, p. 908, p. 925 Dit word oor die algemeen beskou as een van die komponis se grootste prestasies en – saam met Bach se Mis in B-mineur – een van die mees betekenisvolle komposisies van die tydperk van Westerse klassieke harmonie.Hess, W. (red.). S.d. Beethoven: Missa Solemnis. Voorwoord. Edition Eulenburg No. 951.

Dit is min of meer in dieselfde tyd as sy Simfonie no. 9 in D-mineur, op. 125 gekomponeer, maar is Beethoven se tweede toonsetting van die mis; die eerste was sy Mis in C-majeur, op. 86. Die Missa Solemnis is opgedra aan aartshertog Rudolf van Oostenryk, aartsbiskop van Olmütz, sowel Beethoven se voorste beskermheer as sy leerling en vriend. Beethoven het op die afskrif wat hy aan Rudolf voorgelê het, geskryf: "Von Herzen – Möge es wieder –Zu Herzen geh'n!"Sien: Beethoven, L. van. 1965. Missa solemnis, Op. 123. "Kyrie". Tutzing: Schneider (faksimilee-uitgawe). (Afrikaans: Uit die hart – mag dit weer – na die hart terugkeer!).

Geskiedenis

Komposisiegeskiedenis Die Missa Solemnis is Beethoven se derde koorkomposisie oor 'n gewyde onderwerp. Die oratorium Christus am Ölberge (1802), en sy vroeëre Mis in C-majeur, op. 86 (1807) is voor die Missa Solemnis gekomponeer. Beethoven het die Missa Solemnis gekomponeer om die inhuldiging van Rudolph van Habsburg-Lorraine as aartsbiskop van Olmütz te vier, wat op 9 Maart 1820 plaasgevind het.

UItvoeringsgeskiedenis Die eerste uitvoering op 7 April 1824 (26 Maart Ou Styl) het nie in 'n gewyde omgewing plaasgevind nie, maar by die Filharmoniese Vereniging in Sint Petersburg op inisiatief van die Russiese edelman en beskermheer Nikolai Golitsyn. Die première – wat oorspronklik vir Kersfees 1823 beplan is – is vertraag deur die inoefening van die veeleisende koorparty, wat blykbaar meer tydrowend was as wat beplan is, asook deur gedeeltes wat verkeerd gekopieer is. Dit is onbekend wie die première op 7 April 1824 gedirigeer het.

Dele van die mis (die Kyrie, Credo en Agnus Dei) is op 7 Mei 1824 onder leiding van Kapellmeister Michael Umlauf in die Kärntnertor-teater in Wene uitgevoer, saam met die ouverture Die Weihe des Hauses, op. 124 en die première van die Negende Simfonie. Daar is na die drie dele van die mis wat uitgevoer is as "gesange" verwys omdat die Weense sensuurowerhede beswaar gemaak het teen die uitvoering van dele van die mis in 'n sekulêre lokaal.

Nóg 'n uitvoering van die volledige mis het in 1830 in 'n liturgiese omgewing in die kerk van Sint Petrus en Paulus in die Boheemse dorpie Varnsdorf plaasgevind.

Orkestrasie en instrumentasie Die mis is gekomponeer vir 'n kwartet vokale soliste, 'n aansienlike koor en volle orkes. Elkeen word soms in virtuose, tekstuur- en melodiese hoedanighede gebruik. Die volledige kragte bestaan uit:

2 fluite 2 hobo's, 2 klarinette (in A, C en B-mol) 2 fagotte 1 kontrafagot 4 horings (in D, E-mol, B-mol-basso, E en G) 2 trompette (D, B-mol en C) 3 trombone (alt, tenoor en bas) keteltromme orrel-continuo strykers (viole (I en II, altviole, tjello's en basviole) soliste (sopraan, alt, tenoor en bas) gemengde koor

Struktuur Die Missa Solemnis bestaan uit vyf bewegings, wat ooreenstem met die eerste vyf dele van die ordinarium.

Let wel: Onder "Nota" is die opmerkings in kursief self deur die komponis in die partituur geskryf. DeelBewegingMatesIncipitMatesTempoOrestrasieToonaardMeterNotaKyrie eleisonAssai sostenutoSoliste, koor en orkes2/2Christe eleisonAndante assai ben marcato3/2Kyrie eleisonTempo I2/2Gloria in excelsis DeoAllegro vivaceKoor en orkesD-majeur3/4Gratias agimus tibiMeno AllegroSoliste, koor en orkesB-mol-majeurDomine DeusTempo IB-mol-majeur,F-majeurQui tollis peccata mundiLarghettoD-mineur,D-majeur,B-mol-majeur, D-majeur2/4Quoniam tu solus SanctusAllegro maestosoKoor en orkes3/4In gloria Dei Patris. AmenAllegro, ma non troppoe ben marcato4/4Poco piu Allegro2/2PrestoKoor en orkes3/4Rekapitulasie van "Gloria in excelsis Deo"Credo in unum DeumAllegro ma non troppoKoor en orkesB-mol-majorEt incarnatus estAdagioD (Dories)Et homo factus estAndanteD-majeurCrucifixus etiam pro nobisAdagio espressivoD-mineurEt resurrexit tertia dieAllegroG (Miksolidies)4/4Et ascendit in coelumAllegro molto2/4Credo in Spiritum SanctumAllegro ma non troppo4/4"Credo"-temaEt vitam venturi... AmenAllegretto ma non troppoAllegro con motoGraveKoor, soliste en orkesSanctus, Sanctus, SanctusAdagio2/4Pleni sunt coeliAllegro pesante4/4Osanna in excelsisPrestoSostenuto ma non troppoOrkesG-majeurBenedictus qui venitAndante molto cantabilee non troppo mossoSoliste, koor, soloviool en orkesG-majeur,C-majeur,G-majeur12/8Agnus DeiAdagio4/4Dona nobis pacemAllegretto vivace6/8Allegro assaiB-mol-majeur4/4Tempo IF-majeur, D-majeur6/8PrestoD-majeur,B-mol-majeur2/2Tempo IB-mol-major,D-majeur6/8 'n Uivoering van die volledige werk duur tussen 70 en 90 minute lank.

Ontleding Die komposisie toon Beethoven se kenmerkende minagting van die kunstenaar. Dit is op verskeie plekke sowel tegnies as fisiek veeleisend, met skielike veranderinge aan dinamiek, metrum en tempo. Dit gebeur dwarsdeur die mis. In die opening van die Kyrie, byvoorbeeld, word die lettergrepe "Ky-ri" óf forte óf sforzando gesing en gespeel, maar die laaste lettergreep "-e" is piano. Soos hieronder aangedui, is die herhaling van die "Et vitam venturi"-fuga besonder veeleisend, aangesien dit subtiel verskil van die vorige weergawes van die tema en teentema, en teen ongeveer twee keer die tempo uitgevoer word. Die orkesdele sluit ook baie veeleisende afdelings in, insluitend die vioolsolo in die Sanctus en van die veeleisendste werke in die repertorium vir fagot en kontrafagot. Die moeilikheidsgraad van die stuk, gekombineer met die vereistes vir 'n volle orkes, groot koor en hoogs opgeleide soliste, sowel vokaal as instrumentaal, beteken dat dit nie dikwels deur amateur- of semiprofessionele ensembles uitgevoer word nie.

Kyrie Die Kyrie is moontlik die mees tradisionele beweging, in 'n tradisionele ABA-struktuur gestruktureer. Die drie groot openingsakkoorde in D-majeur kontrasteer skerp met die vierde pianissimo reaksie: (GOD/mens), gevolg deur nederige dog statige koorwerk in die eerste gedeelte en meer kontrapuntale vokale teksture in die "Christe eleison"-degeelte. Die vier vokale soliste en die koor deel deurgaans die tematiese materiaal, eersgenoemde veral in die "Christe eleison"-gedeelte.

Gloria Elke gedeelte van die Gloria word gekenmerk deur snel verskuiwende teksture en temas beklemtoon elke gedeelte van die Gloria-teks. Die begin van die beweging is bykans ensiklopedies is in sy verkenning van 3/4-tyd. Die beweging eindig met die eerste van die werk se twee fugas op die teks "In gloria Dei patris. Amen", wat lei tot 'n rekapitualsie van die aanvanklike Gloria-teks en musiek.

Credo Die Credo kan in vier dele verdeel word:

"Credo in unum Deum" tot en met "descendit de coelis" in B-mol "Et incarnatus est' tot en met "Et resurrexit" in D "Et ascendit" tot en met Credo-rekapitulasie in F Fuga en koda "Et vitam venturi saeculi. Amen" in B-mol

Die beweging begin met 'n akkoordsekwent wat later weer in die beweging gebruik sal word om modulasies te bewerkstellig. Die woord "Credo" word herhaaldelik in 'n tweenootmotief gesing, en die werk sluit dus aan by die tradisie van sogenaamde "Credo"-misse, insluitend Wolfgang Amadeus Mozart se Missa brevis in F-majeur, K. 192 en die Mis in C-majeur, K. 257.Stauffer, G.B. 2003. Bach – The mass in B minor: The great Catholic mass, bl. 103. Die aangrypende modale harmonieë van die "Et incarnatus"-gedeelte beweeg tot steeds meer ekspressiewe hoogtes deur die "Crucifixus", en in 'n merkwaardige, a cappella-toonsetting van die "Et resurrexit", wat verby is amper voordat dit begin het. Die opvallendste gedeelte van dié beweging is egter die slotfuga op "Et vitam venturi saeculi", wat een van die moeilikste passasies in die koorrepertorium insluit, wanneer die tema teen verdubbelde tempo terugkeer vir 'n opwindende slot.

Sanctus Tot en met die "Benedictus" van die Sanctus is die Missa solemnis van redelik normale klassieke proporsies. Maar dan, ná 'n orkesvoorspel, betree 'n soloviool in sy hoogste omvang – 'n simbool van die Heilige Gees wat na die aarde neerdaal in 'n merkwaardige, lang uitbreiding van die teks.

Agnus Dei 'n Toonsetting van die pleidooi "miserere nobis" (Afrikaans: wees ons genadig), wat in B-mineur en aanvanklik slegs die manstemme gesing, lei uiteindelik tot 'n helder gebed in D-majeur "dona nobis pacem" (Afrikaans: gee ons vrede) in 'n pastorale styl. Na 'n kort fugale ontwikkeling word dit skielik en dramaties deur oorlogsgeluide onderbreek ('n konvensie in die 18de eeu, soos in Haydn se Missa in tempore belli), maar ná herhaalde pleidooie van "miserere", herstel dit uiteindelik en tot 'n vreedsame einde.

Kritiese ontvangs

Sommige kritici was ontsteld dat, soos Theodor W. Adorno dit gestel het, "there is something peculiar about the Missa solemnis."Adorno, T.W. 1976. Alienated masterpiece: The Missa solemnis. In Telos 28:113–124. DOI: journal.telospress/cgi/doi/10.3817/0676028113. In baie opsigte is dit 'n atipiese werk; Die volgehoue tematiese ontwikkeling, wat een van Beethoven se kenmerke is, ontbreek in die werk. Die fugas aan die einde van die Gloria en Credo belyn dit met die werke uit sy laat periode, maar sy gelyktydige belangstelling in die tema-en-variasiesvorm is afwesig. In plaas daarvan bied die Missa Solemnis 'n deurlopende musikale narratief, bykans sonder enige herhaling – veral in die Gloria en Credo, die twee langste bewegings. Die styl, het Adorno opgemerk, is kom ooreen met die behandeling van temas in nabootsing, wat 'n mens in die werke van die Vlaamse meesters soos Josquin des Prez en Johannes Ockeghem aantref. Dit is egter onduidelik of Beethoven hul tegnieke doelbewus nageboots het om aan die eise van die teks van die mis te voldoen. Donald Tovey het Beethoven op 'n ander manier met die vroeëre tradisie verbind:Tovey, D.F. 1937. Essays in musical analysis. Volume V. Londen: Oxford University Press, bl. 165.

Not even Bach or Handel can show a greater sense of space and of sonority. There is no earlier choral writing that comes so near to recovering some of the lost secrets of the style of Palestrina. There is no choral and no orchestral writing, earlier or later, that shows a more thrilling sense of the individual colour of every chord, every position, and every doubled third or discord. Michael Spitzer bied 'n alternatiewe siening van die historiese konteks van Beethoven se miskomposies aan:Spitzer, M. 2005. Beethoven. Eerste uitgawe. Oxon: Routledge, bl. 123–124.

Gregorian melodies, of course, continued to be used in the Mass throughout the eighteenth century; but by Beethoven's time they were relatively rare, especially in orchestral Masses. The one composer who still used them extensively is Michael Haydn, in his a cappella Masses for Advent and Lent. It is significant that in some of these he limits the borrowed melody to the Incarnatus and expressly labels it "Corale." In the Missa dolorum B. M. V. (1762) it is set in the style of a harmonized chorale, in the Missa tempore Qudragesima of 1794 note against note, with the Gregorian melody (Credo IV of the Liber Usualis) appearing in the soprano. I have little doubt that Beethoven knew such works of Michael Haydn, at that time the most popular composer of sacred music in Austria.

Opnames

Klankopnames