Lood(II)oksied of loodglit, geellood is 'n verbinding van lood in sy +2 oksidasietoestand met suurstof. Dit het die formule .

Kristalstruktuur Die stof kom in twee modifikasies voor wat albei as mineraal aangetref word:

Loodglit (Lat. lithargyrum, Eng. litharge -) is rooierig, tetragonaal en stabiel onder 498 °C. Massikot (-) is geel, metastabiel en ortorombies. Dit is stabiel teen hoë temperature.

Die tetragonale stuktuur van loodglit is die argetipe van die B10-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie.

Die struktuur van massikot (-) bestaan uit lae wat 271 pm dik is en in die rigting deur 319 pm geskei word. Die lae is parallel aan geriffel. Die Pb-atome is op die oppervlak van hierdie lae geleë en hulle posisies verskil min van dié in die metaal Pb, behalwe dat die loodatome aan die binnekant van die lae vierkantig-piramidaal aan vier O-atome gebind is. Die O-atome is in 'n verwronge tetraëdriese koördinasie deur Pb. Die lae word slegs aan mekaar gebind deur van der Waals-interaksies tussen die eensame-elektronpare op Pb-atome. Hulle is oor die tussenlaaggaping geskei deur 397,7(2) pm en 420,6(1) pm. Die geplooide geometrie van die lae word deur soortgelyke interaksies tussen Pb-atome gestabiliseer en word deur 3728(2) pm oor die golwe binne een laag geskei.

Verwysings

oksied Kategorie:Anorganiese verbindings