duimnael|links|Geografiese verspreiding van Nguni-tale in Suid-Afrika na bevolkingsdigtheid per km²: duimnael|regs|Die Onse Vader in onderskeidelik Suid-Ndebele en Swazi, afgebeeld op tablette by die Kerk van die Pater Noster in Jerusalem Die Nguni-taalfamilie is deel van die Bantoetaalfamilie en word deur die Nguni-volke in die Suider-Afrikaanse lande Suid-Afrika, Botswana, Lesotho en Eswatini gepraat. Dit word verdeel in die Zunda- en Tekela-groepe. Baie Nguni-tale het klikklanke wat nie in ander bantoetale voorkom nie. Die sprekers van die Nguni-tale het dit oorgeneem van die Khoisan-tale, die oorspronklike bevolking van Suider-Afrika. Ander tale in Suid-Afrika sluit in die Sotho-taalfamilie, Wes-Germaanse tale soos Afrikaans en Engels asook die tale Tsonga en Venda.

Zunda Xhosa Suid-Ndebele Zoeloe

Tekela Swazi Noord-Ndebele Phuthi Hlubi Bhaca Nhlangwini

Eksterne skakels

Kategorie:Taalfamilies Kategorie:Tale van Botswana Kategorie:Tale van Eswatini Kategorie:Tale van Lesotho Kategorie:Tale van Suid-Afrika