Trichodiadema pygmaeum is 'n klein vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Swellendam tot by Kaap Infanta voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2 992 km² en is deel van die Kusfynbos en -renosterveld-ekostreek. Daar is dertien gefragmenteerde subpopulasies bekend, die groootste gedeelte van die spesie se habitat is omgeploeg vir graan verbouing. Die oorblywende plante word bedreig deur oorbeweiding en vertrapping.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

pygmaeum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika