Aloinopsis spathulata is 'n klein vetplantjie wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap. Dit kom op die Roggeveldberge-eskarp naby Sutherland voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 757 km² en het tans geen bedreigings nie. Dit is deel van die fynbos en Sukkulente Karoo-ekostreke.
Galery
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
spathulata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika