Samuel Jordan Cane (gebore 13 Januarie 1992) is 'n Nieu-Seelandse professionele rugbyspeler wat as losvoorspeler vir die Japan Rugby League One-klub Tokyo Sungoliath speel en kaptein van die Nieu-Seelandse nasionale span, die All Blacks, is. Hy het onder meer tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2015, 2019 en 2023 vir Nieu-Seeland uitgedraf.
Cane het in 2012 sy debuut vir Nieu-Seeland gemaak. Hy het die leisels as die All Blacks se kaptein op 5 Mei 2020 by Kieran Read oorgeneem. Hy het King Country in die Heartland Championship, Bay of Plenty in die Nasionale Provinsiale Kampioenskap en die Chiefs in Superrugby verteenwoordig.
Op 28 Oktober 2023 het Cane die eerste speler ooit geword wat 'n rooikaart in 'n rugbywêreldbekereindstryd ontvang het ná 'n gevaarlike hoogvat.
Verwysings
Eksterne skakels
Sam Cane op ESPNscrum
Kategorie:Nieu-Seelandse rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense