Kieran James Read (gebore 26 Oktober 1985) is 'n voormalige Nieu-Seelandse rugbyspeler. Hy het as 'n Agsteman gespeel en is 'n voormalige kaptein van die Nieu-Seelandse nasionale span, die All Blacks.

Read het van 2008 tot 2019 vir Nieu-Seeland gespeel. Hy is, met 127 toetse gespeel en 26 internasionale drieë gedruk, een van die spelers wat die meeste wedstryde ooit gespeel het en die All Black met die vierde meeste wedstryde in die geskiedenis. Read het 52 keer as Nieu-Seelandse kaptein op die veld gedraf.

Hy was die Internasionale Rugbyraad Speler van die Jaar in 2013 en 'n sleutellid tydens die rugbywêreldbekerwenspanne in 2011 en 2015, wat een van slegs 43 spelers geword het wat die rugbywêreldbeker meer as een keer gewen het. Daarna het hy ook tydens die Rugbywêreldbeker 2019 vir Nieu-Seeland uitgedraf.

Read het vir die Crusaders in die Superrugby-kompetisie gespeel en vir Canterbury en Counties Manukau in die Mitre 10-beker gespeel, voordat hy sy laaste seisoen in Japan saam met Toyota Verblitz deurgebring het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kieran Read op ESPNscrum

Kategorie:Nieu-Seelandse rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Lewende mense